advertisement
Question
Posted by: Besorg | 2011-08-31

Diabeet met gorrelroos

Goeie namiddag Dokter

Ek skakel ivm my skoonpa. Hy is ''n erge diabeet. Tans is sy suiker tussen 13 en 20. Hy het tans gorrelroos. Hy het nie mediese fonds nie en is ''n pensioenaris. Hy was by die dag hospitaal. Hy is alreeds vir 3 weke siek. Hy gebruik na al sy 2de kurses medikasie.

My skoonma sukkel om sy suiker af te kry. Die gorrelroos het op sy kop begin en nou oor die een ogg versprei. Sy het bang dat hy sy oog gaan verloor want hy sukkel alklaar om op die selfoon te kyk.

Behalwe vir die medikasie van die hospitaal, is daar enige raad om sy suiker af te kry sodat die inflammasie kan weggaan? Hy het bv. ''n rooi appel geë et, toe skiet sy suiker op na 20.

Ons is baie bekommerd oor hom. Hy is in erge pyn en slaap baie. Enige wenke en/of raad sal werklik waardeer word. Maniere om sy suiker af te kry en om die pyn en blasie te stop? Iemand het aan skoonma genoem hy moet kaneel drink...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Jou skoonpa se diabetes het heel waarskynlik die Zoster virus aangewakker en nou veroorsaak die gordelroos dat sy suiker swak beheer word. Dit is belangrik om albei toestande te behandel, asook goeie pynverligting te verskaf. Jou skoonma kan hulle dokter vir 'n kursus valacyclovir vra, aangesien dit die toestand beheer, sowel as herhaling vertraag. Vir die neurale pyn, kan hy sy dokter vir 'n voorskrif vir Neurontin in kombinasie met langwerkende TramaHexal 200mg, twee keer per dag. Hy kan ook Calamine room aanwend. Dit is uiters belangrik dat hy 'n diabetiese dieet volg. Probeer sy dieet by die hospitaal nagaan met die hulp van 'n dieetkundige.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement