advertisement
Question
Posted by: Fia | 2011/01/17

Diabeet

Dr, ek is ''n tipe 2 diabeet en is ook oorgewig. Hierdie siekte gaan my nie onderkry en ek is vasberade om dmv leefstrylaanpassings en oefening my suikervlakke terug te kry tot normaal. Ek het Desember my vakansie nuttig gebruik en 4 boeke mbt tot low GI en diabetes gelees. Na dese is ek deeglik bewus van die kossoorte wat ek moet eet en wat vermy moet word. Ek hat alreeds ''n week terug begin om die regte kossoorte aan te koop en te eet. Nou soek ek egter na ''n " exchange list"  wat aandui hoeveel van watter kossoort (die 5 hoofgroeppe) ek daagliks kan eet om gewig te verloor (vir 1800kj of hoeveel dan ook al nodig sal wees vir gewigsverlies). Kan us my dalk sê  waar op die internet ek so ''n lys kan bekom?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Fia
Ek is bly om te verneem dat jy so positief optree om jou diabetes te bekamp. Ek het ongelukkig nie voedselruillyste vir 'n lae-GI dieet op hierdie Webwerf nie. Dit is essensieel dat enige persoon wat aan diabetes ly, 'n geregistreerde dieetkundige moet spreek vir 'n individuele dieetvoorskrif. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help met 'n lae-vet, lae-GI (GI = glisemiese indeks) dieet. Verder kan jy op klik ook op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Terwyl jy op die Webwerf is, klik ook op 'Food as Medicine' en 'Type 2 diabetes' om meer inligting te bekom. Onthou om ook meer aktief te word, soos om elke dag 30 min te gaan stap in die vars lug om jou metabolisme aan te spoor en jou suiker- en insulienvlakke te verlaag.
Maar spreek asb 'n geregistreerde dieetkundige so gou as moontlik.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/01/18

Beste Fia
Ek is bly om te verneem dat jy so positief optree om jou diabetes te bekamp. Ek het ongelukkig nie voedselruillyste vir 'n lae-GI dieet op hierdie Webwerf nie. Dit is essensieel dat enige persoon wat aan diabetes ly, 'n geregistreerde dieetkundige moet spreek vir 'n individuele dieetvoorskrif. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help met 'n lae-vet, lae-GI (GI = glisemiese indeks) dieet. Verder kan jy op klik ook op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Terwyl jy op die Webwerf is, klik ook op 'Food as Medicine' en 'Type 2 diabetes' om meer inligting te bekom. Onthou om ook meer aktief te word, soos om elke dag 30 min te gaan stap in die vars lug om jou metabolisme aan te spoor en jou suiker- en insulienvlakke te verlaag.
Maar spreek asb 'n geregistreerde dieetkundige so gou as moontlik.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.