advertisement
Question
Posted by: willemien | 2011-09-05

detox

Hallo doc.Ek probeer tans om my suiker inname te verminder- ek het in die verlede 2 eetlepes suiker in my tee gedrink (en so ongeveer 6 koppies tee per dag gedrink). Dit is nou 2 dae en is vir my baie moeilik. Wanneer gaan die ''cravings'' begin weggaan.?Ek moet ophou want ek kan sien die baie suiker het ''n slegte uitwerking op my vel - is dit wel so dat te veel suiker sleg is vir mens se vel? dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Willemien
Indien jy regtig 2 eetlepels (30g) suiker in elke koppie tee gedrink het en 6 koppies tee per dag gedrink het, dan het jy 'n tamaai hoeveelheid suiker ingeneem: 6 x 30 = 180 g suiker/dag! Dit is dus 'n goeie idee om jou suikerinname te verminder. Die beste manier om dit te doen is om geleidelike elke 2 dae bietjie minder suiker te gebruik. Om net van een dag na die volgende dag van 180g tot 0g te gaan, is 'n skok vir die liggaam en sal maklik drange veroorsaak. Probeer tog om dit geleidelik te doen en maak seker dat jy aan lae-energie versnaperings peusel soos aarbeie en ander bessies, baba tamaties, seldery of wortelrepies, komkommer, ens, om jou eetlus in toom te hou. Oormatige suikerinname kan moontlik bydra tot insulienweerstandigheid wat op sy beurt die vel kan aantas. Maar oor die algemeen, word slegte vel en aknee deur hormoonwanbalanse veroorsaak. Dit sal help om 'n Dermatoloog (velspesialis) te raadpleeg vir die velprobleme.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Pamela Ngcobo | 2011-09-08

hi i just wanted to know if i can detox while on chronic treatment I''m on ARV

Reply to Pamela Ngcobo
Posted by: DietDoc | 2011-09-05

Beste Willemien
Indien jy regtig 2 eetlepels (30g) suiker in elke koppie tee gedrink het en 6 koppies tee per dag gedrink het, dan het jy 'n tamaai hoeveelheid suiker ingeneem: 6 x 30 = 180 g suiker/dag! Dit is dus 'n goeie idee om jou suikerinname te verminder. Die beste manier om dit te doen is om geleidelike elke 2 dae bietjie minder suiker te gebruik. Om net van een dag na die volgende dag van 180g tot 0g te gaan, is 'n skok vir die liggaam en sal maklik drange veroorsaak. Probeer tog om dit geleidelik te doen en maak seker dat jy aan lae-energie versnaperings peusel soos aarbeie en ander bessies, baba tamaties, seldery of wortelrepies, komkommer, ens, om jou eetlus in toom te hou. Oormatige suikerinname kan moontlik bydra tot insulienweerstandigheid wat op sy beurt die vel kan aantas. Maar oor die algemeen, word slegte vel en aknee deur hormoonwanbalanse veroorsaak. Dit sal help om 'n Dermatoloog (velspesialis) te raadpleeg vir die velprobleme.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.