advertisement
Question
Posted by: Jessica | 2009/02/20

DESPERATE

|O HELP ASSEBLIEF, EK IS VERBY DESPERAAT . . . Ek is ' n mammie van ' n 4 en ' n half jarige seuntjie wat steeds net in sy broekie poefie. Ek het al alles probeer. Hy weier volstrek om die toilet te gebruik. Natuurlik het ons vermoed dis medies en hy was na spesialiste toe en toeste is gedoen. Op die ouderdom van 3 het hy ' n kolonoskopie en gastroskopie ondergaan, alles is reg met sy dermpies en senuwees. Ons doen die hele beloning ding en aanmoediging. Pottie voor die televisie met ' n boek al probeer. Geskenkies en sterretjies as hy die toilet sal gebruik. Trapstoeltjie en mooi sitplekkie vir die toilet. Oulike stories van die toilet. Ons het tot al mooi met hom gesels en verduidelik dat die ander kinders hom spot omdat hy nie die toilet gebruik nie en probeer uitvind of hy bang is. Dit blyk nie of hy bang is vir die toilet nie, ek weet nie wat die probleem is nie. Ek het gedink hy kan dit dalk nie beheer nie, wanneer en waar hy poefie nie maar daar is dan niks fout met hom medies nie. Hy sal gladnie in sy broekie piepie nie, nie eers in die aand nie. Dit het al so groot probleem geword dat die kleuterskool ons gevra het om hom uit te haal want die kinders spot hom en die onderwysers het nie tyd om heeltyd skoon te maak nie. Ons het nou ' n voltydse bediende by die huis wat ' n poging aanwend om hom toilet toe te vat maar hy stel net nie belang nie. Daar is geskenkies gekoop wat hy kan kry as hy net die toilet gebruik maar hy gee nie om nie. Dis asof hy dan nie die goed soek nie. Sielkundig kan dit ook nie wees nie want ek en my man is gelukkig getroud en daar is regtig geen probleme by die huis behalwe dit nie. En soos ek se, hy blyk nie bang te wees vir die toilet nie, hy WIL NET nie. Ek weet regtig nie meer wat om te doen nie want begin volgende jaar wil ons hom graag in Gr R sit maar ons sal nie kan as dit so aanhou nie, en dit lyk ook nie of dit wil verbeter nie. Ek kan eerlikwaar nie dink dat daar iets is wat ons nog nie probeer het nie maar enige raad sal opreg waardeer word.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Jessica

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek is baie jammer, maar dit is 'n uiterse moeilike geval en ek stel tog voor dat jy hom na 'n kinder sielkundige neem.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement