advertisement
Question
Posted by: jan | 2008/08/20

Deselex

My rinitus (hooikoors of alergie, ek weet nie?!) dreun my behoorlik op die winter - is al deur twee kursusse antibiotika, gesond geword en nou drie weke later staan ek vanoggend op sonder ' n stem en weer selfde simptome as toe ek so baie siek geword het. Ek kry nooit regtig loop neus nie - dis net slym + agter-neus drip wat daarna omsit in ontseking oral in boonste lugweg (keel, neus en hoes).

Ek gebruik tans Nazakor (steroid neusproei) al vir die afgelope maand...help niks! Sal ek iets soos deselex en Beconase Aqueous probeer - dit het mos kortisoon in wat nie deur liggaam opgeneem word nie?

Dis al so ' n flippen verleentheid om aanmekaar veskoning te maak vir my stem wat weg is of keel skoon te maak. Dis regtig ' n groot frustrasie!!!! Help asseblief!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Jan
Dit help soms om jou dokter te vra om jou 'n kort kursus Meticorten pilletjies voor te skryf. Deselex en Beconase aq sal ook help en as jy met soutwater spoel 2 keer per dag help dit om die sinusse skoon te hou en infeksie te voorkom. ( 1/2 teelepel sout op 'n koppie lou water) Miskien moet jy ook 'n immunobooster drink - iets soos Immunochoice of viral choice c of echinacea of Moducare.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement