advertisement
Question
Posted by: Raad op | 2009/01/08

Derm verkorting

Dr,
Ek is raad op met my gewig. ek tel vreeslik vinnig gewig op as ek dalk n bietjie te veel eet as wat ek gewoonlik eet. en sukkel ook dan om dit te verloor. Ek is moeg om gedurig op n dieet te wees. Wat is u siening oor die operasie wat n mens jou derm laat korter maak. Ek weet dit is baie gevaarlik.
dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Raad op
Jy moet eers doodseker maak daar is nie ander mediese redes vir jou gewig probleem soos onderaktiewe skildklier, polisistiese ovariele sindroom, insulien weerstandigheid of medisyne newe effekte nie ( antidepressante veral) As mens die maag kleiner maak of 'n stuk derm uitsny kan jy die risiko loop om naarheid, galstene, chroniese diaree, dumping sindroom of vitamien tekorte te ontwikkel en dit moet 'n allerlaaste uitweg wees.
Was jy al by 'n internis hieroor?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/02/20

Wat is die naam van daai operasie

Reply to Anonymous
Posted by: Ria | 2013/07/09

Wat is die praktyk waar Dr de Beer van Pretoria praktiseer se naam? Baie dankie Ria

Reply to Ria
Posted by: Elize | 2013/07/09

Wat word die derm verkortingsoperasie in mediese terme genoem? Dankie Elize

Reply to Elize
Posted by: Susan | 2009/04/01

Ek was vir die verkorting gewees. Ek het 90 kg verloor. Mense maar deesdae tel ek weer baie gewig op en is baie depressief daaroor. Ek lei aan depressie en sien dat die pille my kan help gewig optel. Hoop maar dat dit die probleem is.

Reply to Susan
Posted by: ronel | 2009/03/24

ek ken 10 mense van ventersdorp en heidelberg wat die operasie laat doen het en hulle is gesond en lyk pragtig ek self is vreeslik baie oor gewig ek sou self vir die operasie wil gaan maar ek het nie die geld anders was ek al daar.Elke keer as ek dr de Beer bel dan kos dit meer en meer as ek kon het ek dit baie graag gedoen,my hele lewe sal verander en so ook my selfbeeld.

Reply to ronel

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement