advertisement
Question
Posted by: Leté  | 2010/02/08

Depressie of nie?

Beste dokter

My man is met depressie gediagnoseer 2 jaar gelede en was op Cipralex 10mg tot Desember 2009. Ons het gedink ons gaan dit verminder en kyk hoe hy voel. Hy het fantasties gevoel, het weer lewenslus gehad en het baie energie gehad en sommer weer begin gim toe gaan. Hy het met water gesukkel (het water gehou) en sy bloeddruk was hoog - het ' n water pilletjie gekry vir 30 dae en dit het baie gehelp vir die water. Ek weet nie of die Cipralex die oorsaak vir die water was nie. Ons was met vakansie toe hy die pilletjie verminder het en uiteindelik nie meer gedrink het nie - soos ek vertel was hy ' n nuwe mens - die man wat ek geken het ' n paar jaar gelede - vol energie en lewenslustig. Die Cipralex het hom laat voel asof more net nog ' n dag is en hy het net van dag tot dag aangegaan sonder veel entoesiasme. Hy het wel sy werk goed gedoen en het beheer oor alles gehad - hy het sy eie besigheid begin in die tyd wat hy op die Cipralex was. Die besigheid wat hy gekoop het was baie agter met werk (Rekenmeesterspraktyk) en hy het alles ingehaal en is nou op datum. Verlede jaar was hy nog besig om in te haal en het nie tyd gehad om te kyk na ander detail van die werk nie - ander dinge in die kantoor soos bv die liassering, tik van briewe, hoe hulle werk, wat hulle doen, hoe goed uitgaan, hy probeer die plek nou uitsorteer en orde kry ens ens - hy is baie perfeksionisties en is ongelukkig baie slim en haat mense wat nie dadelik verstaan nie en haat mense wat met verkeerde goed by hom aankom ens ens - baie ongeduldig van aard - hy was nog sy hele lewe so. Nou is hy egter vreeslik geirriteerd met die personeel - hulle doen swak werk (ek het dit gesien) - is nie konsensieus nie en moet dinge 2 of 3 keer doen voor dit reg is en dit irriteer my man geweldig en hy is nou baie kwaai met hulle en voel baie gefrustreerd met alles en almal. Ek probeer nou uitvind of dit net is oor hy werklik maar so voel as gevolg van wat by die kantoor aangaan en of dit is omdat hy dalk die Cipralex nodig het. Hy wil dit nie weer drink nie want hy het nie gehou van hoe hy gevoel het toe hy dit gedrink het nie maar hy wil ook nie so geirriteerd voel heeldag nie. Ek het gedink ek moet hom neem na die sielkundige wat hom aangeraai het om ietsie te gebruik 2 jaar gelede en haar net te vra om hom dalk weer te evalueer. Ek weet nie of ons maar net so moet aangaan nie. Ek is bang hy kry ' n hartaanval of beroerte omdat hy hom so vererg vir almal. Hy is egter baie rustig en kalm weg van die werksituasie af maar sodra hy aan die kantoor dink dan raak hy weer agresief. Wat dink dokter van die situasie? Ek weet dit is moeilik om sonder om iemand te sien ' n konklusie te maak. Ek vra net raad - wil nie die huisdokter vra nie want ek weet hy sal aanraai hy moet dalk maar die pil weer drink en ek wil meer as dit doen - wil regtig weet wat dit is en wat om te doen. My man is ' n Geoktrooieerde Rekenmeester.
Baie dankie.
Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Cipralex is over-prescribed, but I doubt that it had anything to do with his water-retention - more likely to be related to Blood Pressure.
Neither Cipralex nor any other AD is needed when one is in a genuinely frustrating and irritating situation - drugs don't help that. CBT, Cognitive-Behaviour Therapy does help one to learn better ways to cope with the problems that are causing the irrutation. SO yes, rather than seeing a GP about this see a shrink - a specialist psychiatrist or maybe even better in this situation when it may be talk therapy needed, a consultant psychologist

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cybershrink | 2010/02/08

Cipralex is over-prescribed, but I doubt that it had anything to do with his water-retention - more likely to be related to Blood Pressure.
Neither Cipralex nor any other AD is needed when one is in a genuinely frustrating and irritating situation - drugs don't help that. CBT, Cognitive-Behaviour Therapy does help one to learn better ways to cope with the problems that are causing the irrutation. SO yes, rather than seeing a GP about this see a shrink - a specialist psychiatrist or maybe even better in this situation when it may be talk therapy needed, a consultant psychologist

Reply to cybershrink

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement