advertisement
Question
Posted by: Cecelia | 2012/10/30

depressie na hartomleiding

My man is per toeval diagnoseer met ''n anorisme in sy aorta nadat hy ''n ligte hartaanval gehad het. Die prof. wat anorisme moes doen stuur hom toe vir hartaniogram ens. en toe vind hul uit hy moet ''n dubbele hartomleiding kry en sy hartklep moet vervang word. Operasie het goed verloop en hy is na 6 weke aan die gang. Hy het ook ophou rook maar sukkel geweldig met depressie en is humeurig. Sy liggaam " uiterlik"  was altyd vir hom baie belangrik en die sny op sy bors is vir hom aanstootlik.Sy persoonlikheid het baie verander. Het die lang narkose (6 uur plus) iets daarmee te doen? Hy wil nou eers niks weet van anorisme nie - dit moet opereer word volgens prof. wat hom gesien het. Hy is 53 jaar oud en was voorheen baie gesond.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCardiologist

Beste Cecelia

Dankie vir jou vraag. Ek is jammer om to hoor jou man moes hart chirurgie ondergaan.

Jy is heeltemaal reg, dit is redelik algemeen dat pasiente na ‘n hartomleiding depressie probleme kan ervaar. Dit kom baie dikwels voor, maar is gewoonlik tydelik. Met die verloop van tyd, en veral met die hulp van ‘n oefeningsprogram, hernude selfvertroue, en die ondersteuning van familie, vriende en mediese personeel, behoort dit na ‘n paar weke te begin opklaar. Medikase is somtyds nodig, maar gewoonlik moet dit net tydelik gebruik word. Jou man kan sy kardioloog of sy huisdokter raadpleeg.

Ek hoop dinge gaan binnekort beter vir hom.

Vriendelike groete, JT

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Hennie | 2017/01/04

My pa het n 3 aar omleiding vanaand wat is die risiko dr?

Reply to Hennie
Posted by: Karine | 2015/07/25

Hallo, My man moet Dinsdag ingaan vir 'n 4-vat hartomleiding. gelukkig het hulle dit vroeg genoeg bespeur. my vraag is die volgende.... as hy na 'n week of wat uit die hospital kom, wat moet ek doen om te help?? die ry werk ens is ek bewus van maar die "nasorg" is vir my net so belangrik soos die operasie self. Nasorg gaan bepaal of die operasie 'n sukses was. ek hoop ek is reg. wat moet hy drink om aan te sterk bo en behalwe sy medikasie en watter kossoorte kan ek voorberei. ek het eintlik so baie vrae maar sal seker met die drs ook kan gesels. baie dankie. Karine

Reply to Karine
Posted by: Cecelia | 2012/10/30

Wou net graag weet of dit redelik algemeen is dat pasië nte na ''n hartomleiding depressie simptome/emosionele probleme kan ervaar?

Reply to Cecelia

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement