advertisement
Question
Posted by: Jenn | 2012/12/06

Deltoid Besering

Hallo Dok
Ek het so 5 weke terug ''n spier in my arm seergemaak. Ek het my arm so week laat rus en die pyn het beter geraak, maar het dit weer seergemaak en nou weet ek nie wat om te doen nie.

Ek het gaan opsoek en kon agterkom dit is my Deltoid Spier in die skouer. Ek het heelwat artikels gelees en prentjies gekyk en glo dit is omtrent ''n graad 2 besering.

Al die " treatments"  wat aanbeveel word is rus, ys, hitte vir die eerste paar dae en dan strek oefeninge.
Soos ek se ek het die eerste week gerus en daarna nog niks anders probeer nie. Ek het Maandag wel begin met Cataflam en Norflex pille en ek smeer ''n cooling gel gereeld aan, maar dit bly seer en die pille laat my aaklig voel. Ek kan nie normale take verrig nie en slaap nie goed nie. Ek le nie op my arm nie maar dit bly seer en sogens voel dit so bietjie lam tot dat ek aan die gang kom met my arm.
Wat anders kan ek doen? Moet ek die styf toedraai? Of Transact patched probeer? Iemand het die vandag vir my voorgestel.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Jenn

Ek dink dit is belangrik dat jy jou dokter vir 'n ondersoek konsulteer. Hy/sy kan plate en 'n sonar van jou skouer aanvra. Sodoende kan 'n definitiewe diagnose gemaak word en jy die korrekte behandeling ontvang. In die lig dat jy nie kan slaap weens die pyn nie, is dit definitief erger as 'n "graad 2 skeur". Dit is uiters belangrik om die regte behandeling te kry, want duidelik word jou besering nie beter nie.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement