advertisement
Question
Posted by: Elizabeth | 2012/06/18

Dehidrasie, artritis

Dom vraag, mar ek wil net weet asseblief.
Ek het `n ileostomie, en was drie weke gelede gehospitaliseer met " severe dehydration"  as gevolg van `n maagvirus. Tong was geswel, spasmas in my hele lyf, kon glad nie fokus nie. Uitskeiding was meer as 300ml per uur,(vir 5 dae) en het ladings die heel tyd oor vyf dae gekry. Nou het ek die vreeslikste pyne in my hande en gewrigte, met knoppe wat in al die litte uitkom. Kan dit artritis wees (wat ek nog nooit voorheen gehad het nie), en kan die aangebring wees deur die dehidrasie? Sukkel nog met vogvlakke, maar drink elektrolite en baie water. En wat kan ek daaromtrent doen?
Baie dankie vir die hulp!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Elizabeth

Jy se nie wat die rede is vir jou ileostomie is nie. Indien dit is as gevolg van "Chron's Disease" is jou gewrigspyne heel waarskynlik as gevolg van hierdie toestand. Laat weet my asseblief wat die rede vir jou ileostomie is, sodat ek van meer hulp kan wees.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement