advertisement
Question
Posted by: Spikkel | 2008/06/25

Dankie Dr Bets

Ek wil net dankie sê vir u antwoord (vraag 1969) aangaande my gebreekte elmboog. Ek weet nie waarom ek nie self daaraan gedink het om net my Dr. te skakel nie so u het my gehelp, 'n mens raak maar heel histeries wanneer iets met jou lyf gebeur het wat jy nie self verstaan nie en dan maak jy jouself wys dat die ergste wat kan gebeur gaan gebeur. Ek kan u ook nou sê dat dit 'n "radial head" fraktuur is (wat dit ook al beteken) en my Dr. het gesê ek moet defnitief my arm 'n paar keer 'n dag reguit buig sover ek kan en ook terug buig so ver ek kan. Ek moet ook my hand op en af beweeg en dan ook die heen en weer bewegings na my toe en weg van my. Ek moet sê wat my laat skrik het was toe u genoem het dat daar 'n senuwee beskadig mag wees maar gelukkig is dit nie die geval nie en my Dr. het alle hoop dat my elmboog ten volle sal herstel. Nadat ek die oefeninge gister begin doen het het my arm al heelwat beter begin word en die spiere wat so brand en pyn is baie minder. Ek wil u net bedank vir die werk wat u so vrywilliglik doen op hierdie webwerf, want na wat ek al gesien het waardeer sommige mense dit nie regtig nie en verwag hulle wonderwerke met die beperkte inligting wat hulle aan u deurgee. U het my wel gehelp en ek bedank u daarvoor.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Baie dankie Spikkel, bly ek kon help en dat dit nie ernstig is nie! 'n Radial head fraktuur beteken dat die been aan jou duim se kant se kop seergekry het. Hulle noem dit 'n "kop" want dit lyk soos die kop van 'n golf "tee" en daarom ook die draai bewegings wat jy moet oefen. Kyk http://www.biocrawler.com/w/images/thumb/2/2a/300px-Gray214.png - die bokant Links.
Hoop die arm herstel gou!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement