advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008/12/01

Dankie Doc Bets!

Hi Doc,

Baie dankie vir die " Kers-geskenk" . Ek het lekker gelag :o)

Ek was baie verbaas toe ek lees van die UKE bloedtoets aangesien ek NOG NOOIT vir so ' n bloedtoets was nie. Ek is eers weer van plan om iewers in Januarie na my GP te gaan en ek sien Dr. Blomerus eers weer diep in April 2009.

Waarna moet ek oplet om seker te maak ek kry nie Kalium tekorte of nier probleme nie?

Ek drink nou (danksy u raad) Vit B kompleks en Plenish K. Duiseligheid, needles/pins, spier/moegheid nog onveranderd, maar ek stem nogal saam met die effe hartversaking. Dit maak sin omdat my EF nog 56% is en daar nogsteeds ' n klep-inkompetensie is. Amper maar soos ' n kar wat in ' n ongeluk was en nou reg gemaak is, maar so nou en dan sluk :o)

Nogmaals dankie vir als.
Lekker aand!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel,
Jy moet jou kalium toets voor jy plenish K drink, te veel kalium is net so gevaarlik soos te min kalium - jou GP kan dit sommer doen. Ek is seker hulle het al UKE gedoen - dis amper roetine by hart ondersoeke. Dalk noem hulle dit net iets anders. As jy op jou onderbene druk, bly die duikie sit vir 'n rukkie? En hoe diep is dit - in millimeters?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement