advertisement
Question
Posted by: Annemarie | 2011/10/14

Dankie

Middag doc Ingrid

Wil net dankie se vir al doc Ingrid se hulp en die proffessionele manier hoe ons almal se vragies beantwoord word. Ek dink dit sal n voorreg wees om u as MY EIE dieetkundige te kan he. Ek wens doc het n towerstaf gehad om ons almal maer te toor binne n swaai van n staf, maar nou ja, ek dink ons moet dalk vir Eva blameer vir alles wat ons vroumense moet deurgaan. Dis daai verdomde appel wat ons almal so vet maak.

Wil graag weet wat is die verskil tussen Durum wheat pasta en gewone wholewheat pasta. Maak dit n verskil?

Ek is maar moedeloos, want dit voel vir my of ek net my gewig maintain. Ek tel regtig niks op nie, maar om net 5 kg te verloor is vrek moeilik.
Ek glo aan die low gi manier van eet en weet daar is nie quick fixes nie. Ek doen gereeld n lekker vinnige oefen dvd. Maar die vetjies wil nie wyk nie. Maar dit is nie my skuld nie, dis Eva sin.

O ja........ek sal beslis nie my kake gaan vasmaak aan mekaar nie.

Lekker naweek!!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Annemarie

Jou gawe woorde is 'n riem onder my hart en dit maak al die harde werk die moeite werd. Ek is dan alreeds jou eie dieetkundige want jy kan enige dag raad vra en ek sal poog om dit te beantwoord. Ek hou van jou teorie oor Eva en daardie appel! Maar dit moes een of ander, ander vrug gewees het, aangesien appels 'n lae kJ-inhoud en 'n lae-GI het! Een van die probleme van ons Eva-geslag is dat ons liggame geprogrammeer is om vet in sekere dele te stoor vir ons rol as moeders, naamlik die borste, heupe en dye. Ons liggame word dus deur die natuur gekondisioneer as 'broeikaste'. Die baba moet 'n gemaklike tuiste hê wat gepantser is teen stampe en stote. Gevolglik sukkel ons om van sulke 'vet-depots' ontslae te raak. Dus is dit miskien ons XX-gene en nie arme Eva se skuld nie!
Durum-meel word van 'n soort koring voorberei, wat stysel bevat wat stadig verteer word, dus get gekookte pasta gemaak van Durum-meel 'n lae GI van 40, terwyl alle ander soorte pasta wat van ander soorte koringmeel gemaak word, middelmatige of hoë GI-waardes het, bv gekookte pasta GI = 58, en gekookte tuisgemaakte pasta gemaak van koring- of koekmeelblom GI = 70 (al dus die SA Glycemic Index & Load Guide). Indien jy nou die lae-GI-dieet wil toepas, is dit dus beter om Durum-pasta te gebruik, maar indien jy een van die ander soorte pastas gebruik en jy voeg Bolognaise sous met maer vleis en tamatiepuree by, of 'n groentesous met Feta-kaas, sal dit ook die GI verlaag. Maar hou hoofsaaklik by die Durum-pasta.
Ek is besonder bly dat jy jou gewig kan konstant hou - dit is al baie vermag. Nou wil ek voorstel dat jy van daardie laaste 5 kg: probeer vergeet! Gaan voort met jou lae-vet, lae-GI-dieet en die oefening en moenie tob oor die 5 kg nie. Dit is dikwels stresvol as mense gedurig karring aan 'n idee of toestand, en stres lei tot vrystelling van kortisol, 'n hormoon wat deur die byniere vervaardig word wat ook gewigsverlies kan stuit. Deur nie aan die 5 kg te dink nie, sal jy miskien daardie 5 kg wel verloor omdat jou stresvlak en kortisolproduksie verlaag gaan word.
Laastens is ek so dankbaar dat jy nie jou kake aanmekaar gaan laat sweis nie! Henne, dan sal jy nie ordentlik kan praat nie, en dink net hoeveel stres dit by die Dogters van Eva kan veroorsaak!Lekker naweek ook vir jou
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Helena | 2011/10/17

Ek wil ook graag DANKIE sê 

My vriendin sê  altyd (dis bietjie lelik so moenie lees as dit jou gaan ontstel nie - net ''n grappie hoor)

Haar woorde: " God het net soveel perfekte mense gemaak. Die res het hy maer gemaak" 

Reply to Helena
Posted by: DietDoc | 2011/10/15

Beste Annemarie

Jou gawe woorde is 'n riem onder my hart en dit maak al die harde werk die moeite werd. Ek is dan alreeds jou eie dieetkundige want jy kan enige dag raad vra en ek sal poog om dit te beantwoord. Ek hou van jou teorie oor Eva en daardie appel! Maar dit moes een of ander, ander vrug gewees het, aangesien appels 'n lae kJ-inhoud en 'n lae-GI het! Een van die probleme van ons Eva-geslag is dat ons liggame geprogrammeer is om vet in sekere dele te stoor vir ons rol as moeders, naamlik die borste, heupe en dye. Ons liggame word dus deur die natuur gekondisioneer as 'broeikaste'. Die baba moet 'n gemaklike tuiste hê wat gepantser is teen stampe en stote. Gevolglik sukkel ons om van sulke 'vet-depots' ontslae te raak. Dus is dit miskien ons XX-gene en nie arme Eva se skuld nie!
Durum-meel word van 'n soort koring voorberei, wat stysel bevat wat stadig verteer word, dus get gekookte pasta gemaak van Durum-meel 'n lae GI van 40, terwyl alle ander soorte pasta wat van ander soorte koringmeel gemaak word, middelmatige of hoë GI-waardes het, bv gekookte pasta GI = 58, en gekookte tuisgemaakte pasta gemaak van koring- of koekmeelblom GI = 70 (al dus die SA Glycemic Index & Load Guide). Indien jy nou die lae-GI-dieet wil toepas, is dit dus beter om Durum-pasta te gebruik, maar indien jy een van die ander soorte pastas gebruik en jy voeg Bolognaise sous met maer vleis en tamatiepuree by, of 'n groentesous met Feta-kaas, sal dit ook die GI verlaag. Maar hou hoofsaaklik by die Durum-pasta.
Ek is besonder bly dat jy jou gewig kan konstant hou - dit is al baie vermag. Nou wil ek voorstel dat jy van daardie laaste 5 kg: probeer vergeet! Gaan voort met jou lae-vet, lae-GI-dieet en die oefening en moenie tob oor die 5 kg nie. Dit is dikwels stresvol as mense gedurig karring aan 'n idee of toestand, en stres lei tot vrystelling van kortisol, 'n hormoon wat deur die byniere vervaardig word wat ook gewigsverlies kan stuit. Deur nie aan die 5 kg te dink nie, sal jy miskien daardie 5 kg wel verloor omdat jou stresvlak en kortisolproduksie verlaag gaan word.
Laastens is ek so dankbaar dat jy nie jou kake aanmekaar gaan laat sweis nie! Henne, dan sal jy nie ordentlik kan praat nie, en dink net hoeveel stres dit by die Dogters van Eva kan veroorsaak!Lekker naweek ook vir jou
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.