advertisement
Question
Posted by: Helena | 2011-11-03

Curves

Hallo dokter.

Ek hoop dit gaan goed. Ek skryf vandag met meer inligting asook ''n paar vrae.

Inligting: Ek het in die Curves boekie gelees dat hulle 3 eetplanne voorskryf. Jy begin by nr een en so werk jy jouself tot by die " stabilisasie"  ene, nr 3. Met die eerste plan eet jy sowat 6500Kj en die 3de ene tussen 8500 en 10500Kj. Hulle sê  daar dat as jy ''n bai aktiewe persoon is kan jy 10500Kj. Maar dit moet tussen 8500 en 10500Kj''s bly.

Die een programme self is 6 klein maaltye. Ontbyt is bv. eier op toast, snack- 12 almandels, Middag hoender op ''n whole wheat Pita, snack - wortels met hummus, aandete - oond gebakte hoender borsie met 1 koppie groente en ''n halwe koppie komkommer (ek tik van 1keer se lees af so jammer ek meng seker ''n paar goed) en dan weer later ''n snack -bv. yoghurt en arbeie.

Curves het ''n proteiene shake wwat mens ekstra kan koop. Ek het gevra of daar bestandele in is wat teen ''n voorbehoed middel sal werk, en op die lys van " nadele"  is dit nie een nie. Mense wat skildklier probleme of IBS het mag dit nie drink nie bv.

Jy meng die poeier met 1 koppie vet vrye melk en ys.

My vrae dus is:
1. Wanneer ek klaar geoefen is, is ek nie honger nie, maar ek moet seker aandete eet. So dan eet ek bv. ''n stukkie hoender en groente, maar dan voel ek so swaar. Sal dit wys wees om vir aandete ''n shake te drink (vir proteiene) en ''n klein slaaitjie?
2. Indien wel, weet dokter van ''n goeie shake middel wat nie teen my voorbehoed middel sal werk nie?
3. Vandat ek begin oefen het kry ek myself nie om 6 klein porsies te eet nie. Ek voel dan te vol. So ek eet ontbyt en middagete, en dan vannaand aandete. Ek oordoen nie een van die maaltye nie, inteendeel dit voel vir my asof my maaltye met die helfte kleiner is. Watter voedsel groepe is ''n defnitiewe moet vir middagete om met die oefening te help? (bv. ek wil weet moet ek ''m groter porsies proteiene eet die middag as ek die aand gaan oefen, of meer stysel?)

Oor die algemeen het ek besluit, ek eet eintlik baie gesond. EK is lief vir my groentes en vrugte, was nog altyd. My swak punt is gas koeldrank en gemors kos. So of ek nou gewig verloor of te not, ek gaan aanhou oefen, want dit laat my goed voel. :) :) :)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Dit is verblydend om te hoor dat jy so goed voel noudat jy begin oefen het (ek hoop die ander Lesers maak 'n nota hiervan!) en dat dit ook help met jou porsiebeheer. Oor die algemeen sal 'n mengsel van proteïene (bv. melkproteïene en sojaproteïene) en standaard vitamiene en minerale, nie inmeng met die funksie van 'n voorbehoedmiddel soos die pil nie. Maar indien sulke skommels allerhande ander bestanddele bevat, soos bv L-karnitien (dit kan inmeng met tiroïedfunksie en dit is ook dan die rede hoekom dit vir skildklier probleme verbied word), dan is dit moeilik om te voorspel of dit wel gaan inmeng met voorbehoedmiddels, al dan nie. Jy sal jou apteker moet vra vir 'n skommel van net proteïene, stysel, vitamiene en minerale bevat, sonder enige ander 'vetverbranders, ens'. As jy vol voel na oefening, is dit tog 'n goeie idee om 'n gewone klein en ligte aandete te eet (bv. vet-vrye of lae-vet jogurt en vrugte, of slaai met 'n gekookte eier, of groente en 'n paar skywe hoender of vis). Voor oefening met jou middagete is 'n bron van koolhidrate soos lae-GI brood, pasta of rys met groente en 'n proteïen belangrik om jou energievlakke op te stoot sodat jy kan oefen sonder om moeg te word.
Lekker oefen
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011-11-03

Beste Helena
Dit is verblydend om te hoor dat jy so goed voel noudat jy begin oefen het (ek hoop die ander Lesers maak 'n nota hiervan!) en dat dit ook help met jou porsiebeheer. Oor die algemeen sal 'n mengsel van proteïene (bv. melkproteïene en sojaproteïene) en standaard vitamiene en minerale, nie inmeng met die funksie van 'n voorbehoedmiddel soos die pil nie. Maar indien sulke skommels allerhande ander bestanddele bevat, soos bv L-karnitien (dit kan inmeng met tiroïedfunksie en dit is ook dan die rede hoekom dit vir skildklier probleme verbied word), dan is dit moeilik om te voorspel of dit wel gaan inmeng met voorbehoedmiddels, al dan nie. Jy sal jou apteker moet vra vir 'n skommel van net proteïene, stysel, vitamiene en minerale bevat, sonder enige ander 'vetverbranders, ens'. As jy vol voel na oefening, is dit tog 'n goeie idee om 'n gewone klein en ligte aandete te eet (bv. vet-vrye of lae-vet jogurt en vrugte, of slaai met 'n gekookte eier, of groente en 'n paar skywe hoender of vis). Voor oefening met jou middagete is 'n bron van koolhidrate soos lae-GI brood, pasta of rys met groente en 'n proteïen belangrik om jou energievlakke op te stoot sodat jy kan oefen sonder om moeg te word.
Lekker oefen
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement