advertisement
Question
Posted by: Helena | 2011/10/18

CURVES

Hallo dokter

Baie dankie vir die mooi woorde. Ek het toe gebel en uit gevind EN was selfs vir ''n konsultasie gister namiddag.

Dis regtig goedkoop. R249 ''n maand, aansluiting kos sowat R849. Dit bestaan uit 30 minute oefening wat spesifiek vir vrouens is. Dis ook hidroliese masjiene, want beteken dit werk nie teen jou gewrigte nie.

Daar is ''n gesonde eetplan wat saam met dit uit gegee word. En wanneer hulle sien jy verloor nie gewig nie, maak hulle voorstelle op jou dieeet.

Ek is amptelik ''n lid vanaf November. Ek het ook met die trainer gesels en vir haar mooi laat verstaan sy moet hard wees op my, anders gaan ek slapgat wees.

Een groot voordeel en nadeel is jy moet vir ''n jaar lid bly. En hulle looi jou as jy nie kom oefen nie. Ook, werk dit soos Planet Fitness en Virgin. Jy kan by ander takke ook gaan oefen.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Jy is 'n ***ster*** om vir my die inligting oor Curves te stuur. Ek sal dit bêre vir toekomstige vrae oor hierdie oefenprogram. Ek is natuurlik nie ten gunste van "gesonde eetplanne" wat deur ongekwalifiseerde persone uitgereik word nie, maar as dit jou kan help om gereeld te oefen en die voorgestelde dieet is nie te kwaai nie (minder as 4200 kJ/dag) of te ongebalanseerd (3 eiers vir ontbyt en 500g vleis vir die ander 2 maaltye!), dan sal ek graag wil hoor hoe jy vorder. Ek hou nou styf duim vas dat jy Baie Getrou gaan oefen en sommer gou die mooiste Curves sal ontwikkel!
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/10/18

Beste Helena
Jy is 'n ***ster*** om vir my die inligting oor Curves te stuur. Ek sal dit bêre vir toekomstige vrae oor hierdie oefenprogram. Ek is natuurlik nie ten gunste van "gesonde eetplanne" wat deur ongekwalifiseerde persone uitgereik word nie, maar as dit jou kan help om gereeld te oefen en die voorgestelde dieet is nie te kwaai nie (minder as 4200 kJ/dag) of te ongebalanseerd (3 eiers vir ontbyt en 500g vleis vir die ander 2 maaltye!), dan sal ek graag wil hoor hoe jy vorder. Ek hou nou styf duim vas dat jy Baie Getrou gaan oefen en sommer gou die mooiste Curves sal ontwikkel!
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement