advertisement
Question
Posted by: lee | 2011/01/06

CT SCAN - HELP ASB!!!

Goeiedag Dokter,

Ek het 2 jaar gelede gegaan vir ''n bors en abdomen ct scan en moet more nou weer gaan vir ''n ct scan.

Ek het sopas die artikel op news24 gelees wat se dat as mens vir 2 of meer ct scans gaan - kan jy kanker kry.... die hele rede hoekom ek gaan more is om te kyk of ek kanker het. Wat nou Dokter???? Moet ek gaan of nie?


Baie dankie, ek is heeltemal uitgefreak....

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lee
'n CT scan gee omtrent dieselfde dosis bestraling as wat mens sou kry van natuurlike bronne in 5 jaar. Dit is in sigself nie gevaarlik nie, maar mens moet onnodige herhaaldelike CT scans probeer vermy, omdat die dosis van verskeie ondersoeke kan opbou tot gevaarlike vlakke, veral as jy tussen in nog long plate of mammogramme of ander toetse moet ondergaan. Die beste is om vir jou jaarlikse mediese ondersoeke te gaan en jou dokter te laat besluit, op grond van jou mediese en familie geskiedenis en bevindings by ondersoek en bloedtoetse, of enige scans wel nodig is.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011/01/06

Hallo Lee
'n CT scan gee omtrent dieselfde dosis bestraling as wat mens sou kry van natuurlike bronne in 5 jaar. Dit is in sigself nie gevaarlik nie, maar mens moet onnodige herhaaldelike CT scans probeer vermy, omdat die dosis van verskeie ondersoeke kan opbou tot gevaarlike vlakke, veral as jy tussen in nog long plate of mammogramme of ander toetse moet ondergaan. Die beste is om vir jou jaarlikse mediese ondersoeke te gaan en jou dokter te laat besluit, op grond van jou mediese en familie geskiedenis en bevindings by ondersoek en bloedtoetse, of enige scans wel nodig is.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement