advertisement
Question
Posted by: charmaine | 2009/09/30

cryptosporidium

Hallo dok,
Ek het so 2 weke redelike kwaai gastro, naarheid, winde en krampe gehad. ' n Stoelgangmonster was geneem en weggestuur en hulle het cryptosporidium by my gediagnoseer. Die dokter het Zithromax voorgeskryf. Nadat ek die eerste Zithromax gedrink het, het ek vreeslik naar geword maar nie opgebring nie, dit het ook vir my gevoel of ek " motion sickness"  kry. Vandaar af het ek opgebring as ek die pille drink en het dit ook vir my gevoel of ek aanmekaar jeuk veral in my binnekante van my arms en bene. Ek het voorheen aspen azithromycin gedrink waarby ek presies dieselfde reaksie gekry het, is ek dalk allergies daarvoor of is dit maar net ' n newe-effek van die pille. Ek het die pille nou gestaak want ek' s bang dat ek allergies is daarvoor. Ek is wel allergies vir Flagyl en Ciprobay. Ek het cryptosporidium gaan google en by een van die sites het hulle aangedui dat hulle Paromomycin ook voorskryf vir cryptosporidium. Kan ek my dokter vra om vir my dit voor te skryf, is dit beskikbaar in SA. Ek is nou al so desperaat want dit voel net of dit nie wil beter word nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Charmaine

Jy is definitief allergies vir die Zithromax en Ciprofloxacillin. Vra jou dokter om 'n bloedtoets te doen om vas te stel is om vas te stel of jy allergies is vir die groep anti-biotikas. Hy/sy sal jou voorskrif kan verander vir iets meer geskik, bv. Kantrexal.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: NOBES | 2009/10/14

Ek is 47jr en gebruik Eltroxin al vir baie jare. Ek het nou so vir 5 maande Estrofem gebruik. Het my borste vergroot en het baie water teruggehou. Is nou n week op Estradot 75 plakkers en voel steeds dieselfde. Voel soos n blaashoppie. Ek kan ook nie gewig verloor nie, het so 15 kg om te verloor, ek probeer baie hard om gewig te verloor. Is Meno Clove plus of Femolene dalk veilig? Het hestorektomie 25 jr terug gehad, het nog eierstokke.

Reply to NOBES

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement