advertisement
Question
Posted by: ANDY | 2012/01/29

cryoglubulinenemia

Hi Dr
Pyn in my bene wat vererger sodra ek koud kry en verminder met toepassing van hitte. My moeder het dieselfde probleem gehad en sy is oorlede aan myeloma. Ek het ''n program gekyk oor bg siekte en gewonder of dit verband hou met my probleem? Rustelose bene sindroom is erg in die familie. Hou enige van die dinge verband met mekaar?
Hoor graag van u.
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Andy

Die pyn in jou bene is heel waarskynlik as gevolg van rustelose bene sindroom, maar ander toestande, soos byvoorbeeld Vitamien B tekort, onderaktiewe skildklier, asook senuwee irritasie sal uitgeskakel moet word. Konsulteer jou dokter vir 'n ondersoek en bloedtoetse om 'n definitiewe diagnose te kan maak.

Vra ook jou dokter om myeloma uit te skakel, aangesien jou moeder die siekte onder lede gehad het.

Groete






Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement