advertisement
Question
Posted by: Lin | 2011/11/16

Cravings

Ek het al voorheen aan u geskryf oor die feit dat ek die afgelope ruk ''n bietjie gewig (4kg) aangesit het vir geen verklaarbare rede. Ek is 1.72 m lank en weeg tans 51kg.

Ek het deesdae ongelooflike cravings, veral vir soet goed en stysel. My dieet lyk as volg:
Ontbyt: meestal joghurt, soms All Bran (maar dit laat my naar voel)
Snack: Vrug
Middagete: Vrug
Snack: Maaskaas
Aandete: Groente

Ek het voorheen ''n ryskoekie geeet as ek ''n craving kry, maar dit laat my sleg en ''bloated'' voel. Ek het vreeslike cravings, veral vir beskuit. Maar as ek ook daarvan eet, voel ek naar en ''bloated''.

Hoekom het ek hierdie snaakse cravings? Wat kan ek eet om minder cravings te kry?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lin
Ja, ek onthou jou vorige vrae en soos op 6 Oktober hierdie jaar moet ek weer beklemtoon dat jy totaal ondergewig is met 'n BMI = 17,2 en dat jou dieet so min energie bevat dat dit glad nie vir jou sal kan gesond hou nie. Die ongelooflike 'cravings' wat jy ervaar, is die enigste manier waarop jou liggaam vir jou kan laat weet dat jy so ondervoed is en dat jy dringend iets moet doen voordat jy ernstig siek word. Nou dat jy vir my die besonderhede van jou dieet gegee het, en ek jou BMI kon bereken, kan ek sien dat my oorspronklike vermoede dat jy aan 'n eetversteuring ly, waarskynlik korrek is. Vir jou eie onthalwe en jou toekomstige gesondheid wil ek jou vra om dadelik 'n geregistreerde te dieetkundige spreek. Die dieetkundige sal jou help met 'n individuele dieetvoorskrif om jou voedsel- en voedingstofinname te verbeter. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Gaan asb vir professionele hulp voordat jy ernstig siek word a.g.v. van voedingsgebreke.
Wees versigtig
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Raai | 2011/11/22

Verander jou slaappille!!!!! Dadelik!!!!!

Reply to Raai
Posted by: Hester | 2011/11/18

Goeie more,

dis nou of nooit. Ek eet nie groot maaltye nie, maar ek is op ''n klomp antideprisante en ook slaappil. Sodra ek in die aand my meds gedrink het, eet ek ''n tonnel deur die huis. Piesangs, roomys, nagereg....... enige iets, en soms weet ek nie eers daarvan. Ek het al verskeie produkte gebruik vir die cravings, aangesien ek dink dit het met die bloedsuiker te doen. Is daar iets wat julle kan aanbeveel wat BESLIS vir hierdie cravings na die meds sal help. Ek het nou al so baie gewig opgetel, dit raak net al erger en erger! Lengte +- 1.5, klein beenstruktuur, 70kg, ek het al 42 geweeg en toe begin optel...

Reply to Hester
Posted by: DietDoc | 2011/11/16

Beste Lin
Ja, ek onthou jou vorige vrae en soos op 6 Oktober hierdie jaar moet ek weer beklemtoon dat jy totaal ondergewig is met 'n BMI = 17,2 en dat jou dieet so min energie bevat dat dit glad nie vir jou sal kan gesond hou nie. Die ongelooflike 'cravings' wat jy ervaar, is die enigste manier waarop jou liggaam vir jou kan laat weet dat jy so ondervoed is en dat jy dringend iets moet doen voordat jy ernstig siek word. Nou dat jy vir my die besonderhede van jou dieet gegee het, en ek jou BMI kon bereken, kan ek sien dat my oorspronklike vermoede dat jy aan 'n eetversteuring ly, waarskynlik korrek is. Vir jou eie onthalwe en jou toekomstige gesondheid wil ek jou vra om dadelik 'n geregistreerde te dieetkundige spreek. Die dieetkundige sal jou help met 'n individuele dieetvoorskrif om jou voedsel- en voedingstofinname te verbeter. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Gaan asb vir professionele hulp voordat jy ernstig siek word a.g.v. van voedingsgebreke.
Wees versigtig
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement