advertisement
Question
Posted by: Goose | 2013/02/11

Coxsakievirus

Ek het in Mei ''12 in die hospitaal beland met bloedvergiftiging (septisemia) daarvandaan sukkel ek vreeslik met my gesondheid. Ek was daarna alweer 2 keer opgeneem, elke keer vir 3-4 dae met binneaarse antibiotika, kortisoon en wie weet wat nog. Ek is einde Desember weer toegelaat, my simptome begin altyd dieselfde, hoe koors (39-41) en keelinfeksie, die res van die sipmtome verskil elke keer. In Desember het ek ook bors pyne gehad wat die spesialis laat vermoed het dat dit dalk ''n mantelvlies kan wees, daar is toe ''n gastroskopie gedoen asook ''n biopsie van die slukderm waar hulle toe die coxsakievirus geidentifiseer het. My vraag is, hou al hierdie toestande verband met mekaar en kan dit veroorsaak word deur die virus wat aanvanklik vir my die bloedvergiftiging gegee het? Indien wel, hoe raak ek ontslae van die virus, ek is huidiglik so vatbaar vir enige ding, ek vermoed dis omdat ek die laaste tyd aan soveel medikasie blootgestel is dat my liggaam nie meer self kan ''cope'' nie. Hulle toets my nou vir CVID, maar ek is nie so seker of dit my probleem is nie. Enige raad sal baie waardeer word. Dankie byvoorbaat

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Goose

"Common variable immunodeficiency " is 'n genetiese toestand wat deur 'n virus infeksie, soos die coxsakievirus, geaktiveer kan word. Dit beteken dat die liggaam swak respondeer om infeksies soos byvoorbeeld bakteriele infeksies te beheer. Dit reageer gewoonlik goed op antibiotika, maar sodra dit gestaak word, kan die infeksie terug keer. Die behandeling is immunoglobulien terapie. Dit is nie 'n permanente oplossing nie, maar sal jou immuniteit versterk.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement