advertisement
Question
Posted by: granny | 2009/04/14

continuous watery anal discharge

Hallo dokter

Ek is baie bekommerd oor ' n witterige, waterige afskeiding uit die anus as ek klaar ontlas het. Ek moet ' n doekie daarvoor dra. Dis die afgelope maande ' n konstante probleem.

Ek is 80 jaar oud en sukkel al vir jare met ' n divertikulere dikderm. ' n Kolonoskopie 18 maande gelede het niks kwaadaardig gewys nie, maar vir die laaste drie maande het ek gedurig krampe onder die naeltjie. Ek eet gesond - baie vrugte en groente. Ek gebruik Duphalac stroop om hardlywigheid te vermy. Die dokter het Millerspas voorgeskryf vir krampe wat effens verligting gee. Ek het geen inwendige aambeie nie, slegs ' n klein uitwendige een. Ek gebruik ook LP299v, maar dit help ook nie veel nie.

Nadat ek vir die dokter van die afskeiding vertel het, het sy ontwurming probeer omdat ek ' n hond het, maar dit het nie gehelp nie en my hardlywig gemaak, dis hoekom ek die stroop begin gebruik het. Daarna het sy Trisporal voorgeskryf, maar ook dit het nie gehelp nie. Die afskeiding hou net aan. Ek is baie bekommerd dat daar ' n kwaadaardigheid in my is wat die dokters miskyk, aangesien kolonkanker in my pa se familie voorgekom het.

Wat kan ek doen? Ek hoor graag van u.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Granny
As die afskeiding wit is en nie sleg ruik nie, is dit dalk "normale" derm slym wat oormatig kan wees agv 'n poliep of die divertikels. Ek weet dit is nie lekker nie , maar dalk moet jou dokter 'n rektale ondersoek doen en net met die vinger voel of hy 'n poliep voel. Indien wel, kan hulle dit verwyder onder 'n ligte verdowing.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement