advertisement
Question
Posted by: Lulu | 2009/03/07

Colon Cleans Acia Berry

Ek is 48 jaar en weeg 149,8 kg. My probeem is dat ek n groot maag het. MY arms, bene en gesig lyk normaal. ( ek het nie baie vet in my gesig en res van my lyf nie) Ek het plat boude. Ek wil graag meer uitvind ontrent 2 produkte wat op die program Opera deur n Dr Oz bespreek is. Die produkte is Acai Berry en Purity 12 Colon Cleanse. Dit maak blykbaar die ingewande skoon en die bessie is ook goed vir ander siektes. Ek wil graag weet waar ek die produkte in Suid Afrika kan kry en wil graag weet wat u daarvan dink.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lulu
As jy 149.8 kg weeg, is jy waarskynlik oorgewig. Indien jy 'n Google Soektog doen met die term "Acaia Berry' op die Internet dan sal jy vind dat die meeste inligting oor besware handel van persone wat dit gebruik het en kla dat dit baie duur is en nie die resultate oplewer wat belowe word nie. Hierdie soort kruieprodukte vir verslanking is gewoonlik net lakseermiddels wat allerhande negatiewe effekte soos diarree, voedingstofgebreke, ens, gaan veroorsaak. Verder is dit nodig vir gewigsverlies dat mens jou energie-inname inkort met 'n lae-energie dieet en jou energie-uitgawe verhoog deur daaglikse oefening. Om net lakseermiddels soos die 'Acaia Berry' en 'Purity 12 Colon Cleanse' te gebruik, sal jy potensieel meer skade as goed aanrig en waarskynlik nie gewig verloor nie. As jy meer as 20 kg gewig moet verloor, is dit miskien 'n goeie idee om met jou huisarts te praat of oor Xenical wat vetopname uit voedsel verhoed, of 'n maagomlyningsoperasie. Die Xenical word saam met 'n baie-lae-vet dieet gebruik en dit veroorsaak dan gewigsverlies. Sodra jy begin gewig verloor, sal jou maag ook begin krimp. Probeer dus liewer jou gewig verloor met 'n verslankingsdieet en daaglikse oefening soos stap - dis gesonder, veiliger en goedkoper.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement