advertisement
Question
Posted by: Tania | 2011/07/28

Circu-live

Goeie dag

Ek het gehoor van n natuurlike produk wat sirkulasie help bevorder, en het dit begin gebruik, dis nou seker al drie weke. Dit bevat Ghingo biloba, gemmer en roosmaryn en is basies net n herbal produk. Maar my man se hulle skryf nie altyd alles op die lys van ingredients nie, daar kan ander goed ook in wees. Ek is net bang hulle sit dalk iets in wat mens se bloeddruk opstoot om jou sirkulasie te verbeter, is dit moontlik of is daar streng regulasies vir sulke natuurlike produkte ook? Sover lyk dit asof dit werk, so ek sou dit graag wil aanhou gebruik.

Dankie en groete

Tania

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagePharmacist

Hi Tania

Ongelukkig is die regulasies vir natuurlike produkte nie so streng as vir "chemiese" medisyne nie - Alhoewel 'n registrasie-aansoek ingedien moet word by die medisyne-beheerraad voor hierdie produkte wettig verkoop en bemark mag word (waartydens al die bestanddele verklaar moet word, terwyl die naam hierdie bestanddele ook op die produk aangedui moet word) is verskeie onetiese vervaardigers reeds uitgevang dat hulle produkte "ekstra bestanddele" bevat het.
Meeste ouens is egter eerbaar en die oorgrootte meerderheid produkte op die mark kan vertrou word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement