advertisement
Question
Posted by: Maylene | 2009/09/17

Cipralex

Beste dr

Ek wil uitvind of Cipralex 10mg verslawend is. My huisdokter het my meegedeel dat dit nie is nie. My man is nou ' n jaar en 5 maande daarop - hy het depressie ontwikkel agv werksomstandighede. Hy het nou sy eie besigheid en hy geniet sy werk baie - hy is ' n Geoktrooieerde Rekenmeester wat ' n praktyk gekoop het - hy werk baie hard maar is dol gelukkig en geniet elke oomblik van sy dag. Ons het nou vir 3 dae probeer om vir hom ' n halwe pilletjie te gee - wil kyk of hy kan afgaan van die pille. Hy het vanoggend vertel dat hy geirriteerd voel en asof hy uit sy vel kan klim - raas met die mense ens ens - geensins depressief nie maar dalk meer angstig en asof hy nie kan konsentreer op sy werk nie. Ek het vanoggend weer vir hom ' n hele pil gegee en hy het my nou gebel om te se hy voel weer sy ou self.

My vraag is nou - is dit verslawend of is hy dalk nog net nie gereed om dit te los nie of het ek dit verkeerd gegee, moet ' n mens op ' n ander manier met ' n ander dosis van die pil afgaan.

Raad, groot asseblief.

Hy is 46.

Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

None of the antidepressants used by doctors "is verslawend" --- they do NOT cause addiction. Like a number of drugs, used for various purposes, once the body gets used to their presence, it may not be wise to suddenly stop taking them, and one should rather come of them gradually, on the advice of your doctor, to avoid other unpleasant symptoms arising. Sounds like, from the point of view of depression, he may well be ready to stop the medication, but he should see a psychiatrist again, for a re-assessment and specific advice on how to withdraw the meds gradually. Neiher of you, of course, have done anything wrong, but a re-assessment and advice on a plan for withdrawing the drug, would be the best idea now.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Pta Mom | 2009/11/06

Ek gebruik al 3 jaar Cipralex. Ek het in dié  tyd 15 kilos opgetel. Om dié  rede sal ek die medikasie wil staak. Ek het die medikasie al probeer staak maar gaan in ' n geweldige depro.

Ek is die opgeruimdste positiefste mens en kan nie glo as ek in so ' n slegte depro fase gaan. Ek sê  dan maar vir myself dat dit weer sal verbygaan. Is dit nodig om ' n psigiater te sien, of kan ek die medikasie maar vir die res van my lewe gebruik?

Reply to Pta Mom
Posted by: CP MOM | 2009/09/17

Ek is 42 en ek is al 5 jaar op cipralex - die laaste 6 maande op die goedkoper generies Lexamil en glo my dis nie verslawend nie maar mens moet net aanvaar jy HET dit nodig.

Ek het al probeer afgaan en dan se my porra vir my het jy geld nodig? kan ek dit vir jou gaan koop? nie so seer oor die depressie nie maar oor die befoktheids-faktor....

Ek is nou op dubbel sterkte vir so 4 maande en dit gaan baie beter.

Ja ek weet daar is ' n stigma aan depressie en gebruik van medisyne maar is dit regtig so erg as jy ' n kalm man het?

Reply to CP MOM
Posted by: CP MOM | 2009/09/17

Ek is 42 en ek is al 5 jaar op cipralex - die laaste 6 maande op die goedkoper generies Lexamil en glo my dis nie verslawend nie maar mens moet net aanvaar jy HET dit nodig.

Ek het al probeer afgaan en dan se my porra vir my het jy geld nodig? kan ek dit vir jou gaan koop? nie so seer oor die depressie nie maar oor die befoktheids-faktor....

Ek is nou op dubbel sterkte vir so 4 maande en dit gaan baie beter.

Ja ek weet daar is ' n stigma aan depressie en gebruik van medisyne maar is dit regtig so erg as jy ' n kalm man het?

Reply to CP MOM

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement