advertisement
Question
Posted by: private benjamin | 2010/10/15

ciplatrim

Dokter het my so pas op bogenoemde gesit en ek sien nou reductil is onttrek. Ek kan nie duromine drink nie want ek is op anti depressante. My bloeddruk en cholestrol is hoer as normaal maar ek is nie op medikasie nie. Ek is 45 (vroulik) 1.62 en weeg 82 kg. Ek het nie die wilskrag om reg te eet nie. Het net iets gesoek om die cravings te stop. Ek gaan nou reg probeer eet om my cholestrol 6.2 te verlaag, maar wou graag nog pil kry wat my kan help. Wat nou.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Private Benjamin
Ja, die kans dat Reductil onttrek sou word, is al sedert Januarie op die kaarte toe 'n studie gerapporteer het dat sibutramien 'n toename in hartprobleme, beroerte en sirkulasieprobleme by vatbare persone veroorsaak. As jou bloeddruk hoër as normaal is, dan is dit veiliger as jy nie produkte wat sibutramien bevat, neem nie. Gesels asb dringend met die dr wat dit vir jou voorgeskryf het. Ek wil graag voorstel dat jy ook 'n dieetkundige moet spreek om jou by te staan terwyl jy gewig verloor en jou aanmoedig. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Ek hou vir jou duim vas dat jy wel met die hulp van 'n dieetkundige nou gewig sal verloor en ook jou cholesterol sal verlaag.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/10/15

Beste Private Benjamin
Ja, die kans dat Reductil onttrek sou word, is al sedert Januarie op die kaarte toe 'n studie gerapporteer het dat sibutramien 'n toename in hartprobleme, beroerte en sirkulasieprobleme by vatbare persone veroorsaak. As jou bloeddruk hoër as normaal is, dan is dit veiliger as jy nie produkte wat sibutramien bevat, neem nie. Gesels asb dringend met die dr wat dit vir jou voorgeskryf het. Ek wil graag voorstel dat jy ook 'n dieetkundige moet spreek om jou by te staan terwyl jy gewig verloor en jou aanmoedig. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Ek hou vir jou duim vas dat jy wel met die hulp van 'n dieetkundige nou gewig sal verloor en ook jou cholesterol sal verlaag.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement