advertisement
Question
Posted by: Desiè  | 2011/04/04

Ciplatrim 15mg

Geagte Dokter

baie dankie vir u tyd om my vraag te beantwoord. ek is 1.52m lank, en weeg 82.6 kilogram, my baba is 6 maande oud, en ek sukkel om die ekstra gewig af te skud, ek was voor my swangerskap ook oorgewig, maar nie so veel soos nou nie, my huis dokter the Ciplatrim 15mg voorgeskryf, sal dit help? en hoe vinnig sien mens resultate? eks regtig raadop, wil dit nie oor n lang tydperk gebruik nie, net om om te begin, sodat dit my kan motiveer. baie dankie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Desie
Veels geluk met die geboorte van jou baba. Jou huidige BMI = 35,8 wat baie hoog is. Om weer terug te keer na die oorgewig-kategorie met 'n BMI van ongeveer 27, sal jy moet 62 kg weeg ('n verlies van oor die 20 kg). Dit is 'n moeilike taak, maar kan wel gedoen word as jy geduldig is en jou energie-inname verlaag en jou energieverbruik verhoog (deur daagliks te oefen). Ek lei af dat jy nie meer jou baba borsvoed nie? Indien dit korrek is, sal die Ciplatrim wel help aangesien die sibutramien wat dit bevat, help om die aptyt te onderdruk en ook jou metabolisme stimuleer. Indien jy steeds jou baba borsvoed, moet jy dit eers met die dr bespreek voordat jy Ciplatrim gebruik. Ek vertrou dat die dr jou deeglik ondersoek het voordat hy/sy Ciplatrim voorgeskryf het, omdat persone met probleme met hul hart of bloedsomloop of bloeddruk nie sibutramien behoort te gebruik nie.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/04/04

Beste Desie
Veels geluk met die geboorte van jou baba. Jou huidige BMI = 35,8 wat baie hoog is. Om weer terug te keer na die oorgewig-kategorie met 'n BMI van ongeveer 27, sal jy moet 62 kg weeg ('n verlies van oor die 20 kg). Dit is 'n moeilike taak, maar kan wel gedoen word as jy geduldig is en jou energie-inname verlaag en jou energieverbruik verhoog (deur daagliks te oefen). Ek lei af dat jy nie meer jou baba borsvoed nie? Indien dit korrek is, sal die Ciplatrim wel help aangesien die sibutramien wat dit bevat, help om die aptyt te onderdruk en ook jou metabolisme stimuleer. Indien jy steeds jou baba borsvoed, moet jy dit eers met die dr bespreek voordat jy Ciplatrim gebruik. Ek vertrou dat die dr jou deeglik ondersoek het voordat hy/sy Ciplatrim voorgeskryf het, omdat persone met probleme met hul hart of bloedsomloop of bloeddruk nie sibutramien behoort te gebruik nie.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.