advertisement
Question
Posted by: MARI | 2010/06/15

chroniese sinus

ek is paar jaar terug met chroniese sinus gediagnoseer.dr het antibotika gegee.dit het niks gehelp.in 2002 het ek agter gekom dat as my ore wind,water en koue kry,dat dit vreeslik pyn die volgende dag.ook is my sinusse geblok,kry ek hoofpyn tussen my oe en is dit onder my oe pofferrig.as ek so voel kan dit tot 3 dae aanhou,niks werk regtig vir die pyn.al wat bietjie help is grandpa poeiers.ek glo om by die dosis te hou,na n uur het ek maar weer pyn dan moet ek maar uithou tot ek weer kan drink.die ding is besig om my lewe oor te vat.ons kan nerens gaan wat met swem te doen het of as die wind vreeslik waai,want ek kan nie swem sonder pyn die volgende dag.dit laat my al so skuldig voel.ek was al by soveer dokters elkeen het n ander storie.en tonne antibotika wat nie help.het gehooor dat sinusse uitspuit werk net vir ruk.kan die sinusse uitgehaal word.ek smag na n NORMALE lewe. DANKIE

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Geagte Mari

Ek stel voor hy sien 'n ONK chirurg met superspesialisering in sino-nasale werk. Jou probleem is inderdaad soos jy noem chronies van aard, wat beteken dat dit 'n langtermyn probleem is, wat gedurig mag kop uitsteek. Uit jou e-pos klink dit of die koue/swem/water met jou probleem te doen het, so dit lyk of dit dan lei na swelling van die sinusopeninge, wat dus lyk na 'n probleem met die anatomie van die sinusholtes.
Jy behoort na 'n evaluasie van die sinusse en neus waarskynlik 'n RT skandering van die sinusse te kry, sodat dit volledig evalueer kan word. Die onderliggende probleem moet indentifiseer word, en op grond van meriete behandel word. Dit kan wissel van van konserwatiewe behandeling met medikasie, tot wel die voorstel van chirurgie. Die doel van chirurgie is om die openinge van die onderskeie sinusse te open dat dreinasie vergemaklik word, jy mag egter steeds na chirurgie medikasie benodig om die probleem te beheer.

Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement