advertisement
Question
Posted by: Zen | 2009/02/24

chroniese diaree? kos intoleransie?

Hallo Doc

Ek sukkel al vir ' n lang tydperk (langer as ' n jaar) met ' n chroniese ongestelde maag. Verlede jaar het ek in ' n tydperk van 2 maande 6 keer diaree/gastro gehad. Aanvanklik het ek gedink dit was die Glucophage medikasie wat dit veroorsaak het en het ek die medikasie gestaak ' n jaar terug. Maar ek sukkel steeds met gereelde diaree. Dit gebeur baie keer dat ek iets eet en binne 30-45 minute daarna begin my maag opgeswel voel en begin die diaree. Partykeer het ek sommer vir 3 dae aaneen diaree, soveel so dat ek moet dokter toe. Ek was verlede jaar op verskeie kursusse antibiotika gekombineer met adco-loperamide, ens. Elke keer wat ek dokter toe gaan, word ek net vir die simptome behandel. Ek is so bang dit is iets ergers wat fout is. Mens kan mos nie letterlik ELKE MAAND diaree hê  nie? ' n GP het voorgestel ek gebruik ' n produk GASTRO CHOICE om die natuurlike balans in my maag/dermkanaal te herstel.

Hoe weet ek of ek dalk ' n kos intoleransie ontwikkel het?

Ek kan nie glo dat die GP' s wat ek besoek (dis ' n praktyk van 7), nog nie een daaraan gedink het om my dalk vir verdere toetse te stuur nie? My oupa is dood aan maagkanker, so ja, ek is bietjie paranoid!

Hoop doc het raad en advies.

Groete

Zen

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Zen
Ek stem saam met jou - mens kan nie so aangaan nie! Vra die dokter om jou na 'n gastroenteroloog te verwys vir verdere toetse, en laat hulle asb jou stoelgang lab toe stuur as dit weer gebeur - hulle moet toets vir parasiete en enige infeksies en ook kyk of daar dalk tekens van wanabsorbsie sindrome is. Die gastroenteroloog sal kyk vir goed soos enteropatie, infeksies, inflammasie en ook kyk of jy nie dalk spastiese dikderm het nie. Dit doen hulle gewoonlik met 'n colonoskopie ( onder narkose kyk hulle met 'n kameratjie na die hele derm om poliepe en kankers ens uit te skakel)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2009/05/18

wat is die verskil tussen intoleransie en allergie

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement