advertisement
Question
Posted by: Dalida | 2011-09-02

Chronic Pain in/around Scapula

Ek is ook opsoek na n Endokrinoloog in Pretoria/Centurion –  maar nie seker of ek op die regte pad is nie?
Ek sukkel al 3 jaar met aanhoudende akute pyn in my linker blad (scapula) –  dit is n spier pyn - en my skouer brand tot onder my arm in en my hele rug is styf/vol inflammasie op permamnente basis. Ek leef op pyn pille. Daar is net geen dokter wat vir my n antwoord het nie.
Ek was al by enige en alle tipe dokters (pynklinieke, fisio, chiro’ s, GP, homeopate) het al die scan’ s en X strale laat doen maar daar is geen aanduiding dat daar enige iets fout is met my spinale kolom of werwels of enige iets nie–  huidiglik by n ortopeet wat my infiltreer met kortisoon met baie lang naalde - maar selfs op die behandeling wys ek geen reaksie of verbetering nie. Hy het my nou na n neurochirurg verwys –  maar kan eers in November hom sien.

Intussen ervaar ek ook vreelike gemoeds steurnis. Is vreelik depressief, ongeduldig, huilerig . Ek drink slaappille om te slaap en verder hope pynpille (Tramacet, Synap,)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dalida

Ek is ongelukkig nie bekend met die spesialiste in jou area nie, aangesien ek in Kaapstad woonagtig is. Ek stel voor dat jy jou naaste privaat hospitaal kontak vir die besonderhede van 'n endokrinoloog in jou area.

Ek stel voor dat jy 'n sielkundige vir 'n evaluasie konsulteer om vas te stel of 'n anti-depressant behulpsaam sal wees vir jou gemoedstoestand.

Dit is baie belangrik om al die medikasie wat jy tans neem te evalueer, want kroniese middel gebruik, soos byvoorbeeld pynpille, kan langtermyn gevolge he. Dit is ook belangrik om onnodige middels uit te skakel.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement