advertisement
Question
Posted by: Adele Cilliers | 2011/05/01

Cholestrol en Prikkelbare Dikderm.

Goeiedag.
Ek is die afgelope jaar gediagnoseer met hoe cholestrol en n gedruis op my hart en ook n prikkelbare dikderm. Tussen die drie is daar vreeslik baie kos wat ek nou nie mag eet nie en ook moet eet.

Eks opsoek na n dieet wat gesond is en voordeel sal inhou vir al drie.

Enige raad sal opreg waardeer word.

Groete Adele

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Adele
Ek is jammer om te verneem van jou gesondheidsprobleme. Aangesien jy 3 verskillende versteurings het, nl hoë cholesterol, gedruis op die hart, en prikkelbare dermsindroom, is dit besonder belangrik dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek vir 'n individuele dieetvoorskrif wat al 3 toestande sal behandel. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help om kosse en 'n dieet te kies wat jou cholesterol verlaag en nie jou prikkelbare derm irriteer nie. Klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Food as medicine' en dan op 'Healthy Heart' om wenke te kry oor cholesterol-verlaging. Klik ook op 'Healthy colon' om te lees oor maniere om jou derm gesond te hou, veral deur gebruik te maak van probiotika ('goeie mikroörganismes').
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/05/02

Beste Adele
Ek is jammer om te verneem van jou gesondheidsprobleme. Aangesien jy 3 verskillende versteurings het, nl hoë cholesterol, gedruis op die hart, en prikkelbare dermsindroom, is dit besonder belangrik dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek vir 'n individuele dieetvoorskrif wat al 3 toestande sal behandel. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help om kosse en 'n dieet te kies wat jou cholesterol verlaag en nie jou prikkelbare derm irriteer nie. Klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Food as medicine' en dan op 'Healthy Heart' om wenke te kry oor cholesterol-verlaging. Klik ook op 'Healthy colon' om te lees oor maniere om jou derm gesond te hou, veral deur gebruik te maak van probiotika ('goeie mikroörganismes').
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.