advertisement
Question
Posted by: Ella | 2013-01-16

cholestrol en insulien weerstandigheid

Goeie Middag Dok.

Ek is 3 maande terug gediagnoseer met autimien siekte hypothyroids disese. My Dokter het my op ''n skildklier pilletjie gesit en die onlangse bloed toets wys groot beter skap.

Sy het my Cholstrol en insolien getoets
Cholestrol 7.5
en die insolien weerstandig

Ek is 40jr oud en wil graag die probleme oorbrug, wat se dieet sal ek moet volg en wat sal ek moet vermy om my vlakke te normaliseer.

Ek het nog nie medikasie ontavang nie het eers vandag die resultate ontvang en moet nog ''n afspraak maak vir die medikasie en choronise ondersoek vir die fonds

Kan u my asseblief raad gee
Ella

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Ella
As jy aan insulienweerstandigheid ly dan is dit absoluut essensieel dat jy 'n geregistreerde dieetkundige moet spreek vir 'n individuele dieetvoorskrif. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help met 'n individuele dieetvoorskrif wat ontwerp is vir jou spesiale behoeftes, en ook sal help met gewigsverlies. 'n Kombinasie van 'n lae-vet, lae-GI-dieet en oefening sal nie net jou bloedsuiker- en cholesterolvlakke beheer nie, maar ook sorg vir verslanking (indien nodig). Alle oefening, maar veral kardio-oefening, soos flink stap, swem, fietsry, en touspring help om bloedsuikervlakke en insulien te stabiliseer. Vra jou dokter watter soort oefening jy mag doen en probeer dan om ten minste 30 minute per dag aan oefening te spandeer.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement