advertisement
Question
Posted by: Leandi | 2012/12/13

cholesterol

Hi
Ek wil graag weet watse kosse om te vermy as jy cholesterol het en watter kosse is goed, veral ontbyt

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Leandi
Indien jy aan hoë bloedcholesterolvlakke ly, sal dit raadsaam wees om 'n geregistreerde dieetkundige te raadpleeg. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal 'n lae-vet, lae-cholesterol dieetvoorskrif vir jou uitwerk sodat jy die probleem met jou bloedvetvlakke kan bekamp en ook gewig sal kan verloor (indien dit sou nodig wees). Klik op 'Diet & Nutrition', 'Food as Medicine', en 'Healthy heart', om meer te lees oor lae-vet-diëte. Wat ontbyt aanbetref, kan jy hoë-vesel graankosse (All Bran, en veral hawermout) met vet-vrye melk of jogurt, en volkoring of lae-GI roosterbrood met 1 teelepel Flora pro.activ margarien en Marmite of 1 teelepel konfyt of heuning, probeer. Jy kan wel tot 4 gekookte of geposjeerde eiers per week eet of roereier wat in 'n kleefvrye pan gaar gemaak word. Vet-vrye jogurt met vrugte en hoë-vesel roosterbrood en vet-vrye maaskaas is ook opsies.
Vriendelike groete
DietDoc
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement