advertisement
Question
Posted by: LE | 2010/07/24

Cholesterol?

Hi Doc, My cholesterol was laasweek getoets deur die dr. en was 5.3. Die dr. het my 2 opsies gegee en gese ek moet of die cholesterol pil drink elke dag of my dieet verander, maar my dieet het ek alreeds verander omdat ek cholesterol in die familie het. Die dr. het gese dan moet ek die pil neem want ek het ''n sterk geskiedenis van cholesterol. My man glo nie in die pille en het teen dit " geskop"  dat ek -+R100 elke maand moet betaal vir cholesterol pille. Ek het nie die voorskrif vir cholesterol by die dr. gaan haal nie en sal maar nog ''n jaar wag en kyk hoe dit gaan. Tog pla dit my, wat stel u voor ek moet doen? Is daar ''n manier om cholesterolvlak af te bring sonder om pille te drink? Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ek stel voor dat jy 'n dieetkundige konsulteer vir 'n dieet. Ek stel ook voor dat jy gereeld kardiovaskulere oefening doen, aangesien dit bewys is om cholesterol vlakke te verlaag. Laat toets ook weer jou cholesterol na drie maande, nadat jy jou lewenstyl verander het. As jou cholesterol vlakke nog steeds hoog is, sal jy ongelukkig die medikasie moet gebruik, aangesien verhoogde cholesterol jou risiko vir 'n hartaanval of beroerte verhoog.

Groete





Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement