advertisement
Question
Posted by: F.G | 2010/10/09

Chlestrol, vergrote skildklier - hulp en eetplan asb

Ek het vanoggend my versoek gepos, maar sien dit nie.
Ek is 55jaar, weeg 82kg, Ek`s natuurlik oorgewig en in my menopuase. My cholestrol is oorerflik en tans is telling 8.1. Ook het ek verlede week ontdek dat ek `n vergrote skildklier het, dr. wou dit uithaal, maar die radioloog, wat ook `n internis was het gese dis onnodig en ek wil glad nie `n oorhaastige besluit neem nie. Ek kan oor so `n jaar weer daarna kyk. Ek gebruik CRESTOR 5mg x 1 daagliks vir cholestrol, was by homeopaat en gebruik thyroid druppels, dopamien en serotonien vir my depressie. GROOT asb ek moet gwig verloor maar die kopskuif is moelik. Help my met gesonde eetplan vir sommer als wat hier fout is. Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste FG
Hier is die antwoord wat ek op jou vorige versoek gepos het: Omdat jy so 'n komplekse siektebeeld het, is dit essensieel dat jy ‘n geregistreerde dieetkundige moet spreek aangesien die dieetkundige 'n individuele dieetvoorskrif vir jou sal moet opstel wat al jou probleme in ag neem. Dit is nie iets wat ek vir jou oor die Internet kan doen nie. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Ek sal ook aanbeveel dat jy liewer 'n Endokrinoloog vir jou onderaktiewe skildklier moet sien omdat dit Baie belangrik is dat jy skildklierhormoon-aanvullings soos Eltroxin moet gebruik. Die homeopatiese benadering verskaf nie vir jou die hormoon nie, maar prikkel jou skildklier tot so 'n mate dat dit vergroot. Jy sal moontlik die vergrote deel van jou skildklier moet laat verwyder om addisionele komplikasies te vermy. Vra hou huisarts om jou so gou as moontlik na 'n Endokrinoloog te verwys.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/10/10

Beste FG
Hier is die antwoord wat ek op jou vorige versoek gepos het: Omdat jy so 'n komplekse siektebeeld het, is dit essensieel dat jy ‘n geregistreerde dieetkundige moet spreek aangesien die dieetkundige 'n individuele dieetvoorskrif vir jou sal moet opstel wat al jou probleme in ag neem. Dit is nie iets wat ek vir jou oor die Internet kan doen nie. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Ek sal ook aanbeveel dat jy liewer 'n Endokrinoloog vir jou onderaktiewe skildklier moet sien omdat dit Baie belangrik is dat jy skildklierhormoon-aanvullings soos Eltroxin moet gebruik. Die homeopatiese benadering verskaf nie vir jou die hormoon nie, maar prikkel jou skildklier tot so 'n mate dat dit vergroot. Jy sal moontlik die vergrote deel van jou skildklier moet laat verwyder om addisionele komplikasies te vermy. Vra hou huisarts om jou so gou as moontlik na 'n Endokrinoloog te verwys.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement