advertisement
Question
Posted by: bakterie | 2009-04-06

chlamydia

ek is al 19 jaar getroud en het 2 kinders.Tussen die twee het ek n ektopiese swangerskap en 3 miskrame beleef-een daarvan op.17 weke v swangerskap.Ginekoloog destyds het vlg bloedtoetse vlg diagnose gemaak-cytomegalo virus en chlamydia.Ek het indruk gekry dat hy nie geweet het hoe om situasie te hanteer nie.Ek het vanaf bloedtoetse spelling neergeskryf en navorsing begin doen.Nodeloos om te sê  wat Chlamydia opgelewer het uit beperkte boeke in biblioteke.Toe ek my man daaroor konfronteer het hy daarby gesweer dat hy dit slegs kon opgedoen het in lang vaste verhouding met dame voor hy my ontmoet het.-(sy kon nooit kinders hê -wat dit toe vir my verduidelik het-my man was my eerste en enigste seksmaat nog ooit)Ons het v ginekl verander-ek het behandeling ontvang o.a. ook clomids en pregnyl en het daarna my vlg swangerskap behou..Maar tog na al die jare bly di vrae by my spook 1)-kan Chlamydia so lank sluimerend lê  sonder enige simptome?ongeveer 2-3 jaar?Is daar medies/wetenskaplik tog n moontlikheid van ontrouheid van my man se kant? Ek het nog nooit enige seks gehad met iemand buiten hom.2)Navorsing toon tog dat beide partye behandeling moet ontvang?Wat van my 2 kinders!!!! 3)En wat op aarde is cyto megalo virus?HELP ASB!!!!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Beste bakterie
1. Chlamydia is baie keer asimptomaties - maw geinfekteerde mense het geen simptome nie.
2. Jou man kon die infeksie voor julle troue by iemand gekry het.
3. Met STD's moet beide partye gewoonlik behandeling kry anders steek mens mekaar oor en weer aan
4. Kinders kry chlamydia ooginfeksies met geboorte as die ma geinfekteerd is, daarom kry alle babas antibiotika oogsalf by geboorte
5 Chlamydia kan getoets word met 'n bloedtoets en is geneesbaar met antibiotika
Sien http://www.cdc.gov/std/Chlamydia/STDFact-Chlamydia.htm

Cytomegalovirus (CMV) is 'n baie algemene virus infeksie, teen 40 jaar het omtrent 90% van die populasie 'n infeksie gehad - dit gee 'n grieperige soort siekte, met koors, geswelde kliere, moegheid ens. Dit hou vir so 2-3 weke aan en daarna is meeste mense immuun teen verdere infeksies. Dit is egter gevaarlik vir mense met 'n lae immuniteit soos HIV, wat orgaanoorplantings gehad het of kanker pasiente.
Sien http://www.dhpe.org/infect/cytomegalo.html

Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement