advertisement
Question
Posted by: Lori | 2009/06/29

Cellulitis

Kan u net help met algemene raad asb? My man, `n diabeet, kanker " survivor" , swak bloedsomloop, ontwikkel gereeld `n sellulitis, maak nie saak hoe gering die skrapie of bytmerk is nie.Net `n stekie van `n doringtjie, en dit ontwikkel in die aakligste sweersel. Het al twee op sy arm gekry, (sukkel tans met #3) en eenkeer in sy neus na `n verkoue.
Wat is die rede daarvoor? En is antibiotika elke keer werklik nodig? Nog geen bloedtoetse is gedoen nie, en moet ons daarop aandring? Enige ander voorkoming, of pas hy maar net in die profiel om dit te ontwikkel? Hy is 63 jaar.
Baie dankie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lori
Pasiente met diabetes kry maklik velinfeksies - die beste voorkoming is om enige beseringtjie onmiddelik te ontsmet en te behandel met iets soos Bactroban salf. Dit sal veral gebeur as sy bloedsuiker nie gekontroleer is nie. Hy kan ook net sy ystervlakke laat toets en kyk of hy ysteraanvulling nodig het. Hy kan ook vit C aanvullings neem. As daar reeds 'n sellulitis is, is dit nodig om antibiotika te gebruik.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement