advertisement
Question
Posted by: Corneli | 2011/04/05

cardio myopathy

Wat is die uitkoms van cardio myopathy, na myocarditis meer as 3 jr gelede. Pasient is 31jr en manlik. Hartfunksie was met aanvanklike diagnose van myocarditis, 19%, het vir 18 maande verbeter na 34 en afgelope 8 maande geval na 11% waar dit bly. Linker ventrikels erg vergroot. Het ook ''n groot bloedklont in ventrikel gehad

Afgelope 4 maande op onder andere COROLAN, WARFARIN, DILATRENT, LANOXIN, SPIRACTIN en LASIX (240mg pd). Vandat hy COROLAN en die hoe dosis LASIX gebruik, het hy sy lewens kwaliteit dramaties verbeter, hoewel die sonarondersoek bevestig dat sy hart siek en swak is.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCardiologist

Groete Corneli. Die uitkoms van kardiomyopatie of miokarditis is moeilik om te voorspel, maar ek is jammer om te se dat verdere verbetering na drie jaar onwaarskynlik is. Bloedklonte binne in die hart is ongelukkig 'n welbekende komplikasie van swak ventrikulere funksie.

Die medikasie wat die pasient gebruik klink goed, behalwe dat hy ook op 'n sogenaamde ACE inhibitor behoort te wees as sy bloeddruk dit sal toelaat.

Nog 'n behandelings opsie wat dikwels baie doeltreffend is, is 'n sogenaamde biventrikulere pasaangeer, wat van toepassing is in pasiente met swak ventrikulere funksie en linker bondel tak blok (LBTB). Jou pasient se kardioloog kan vir hom se of 'n biventrikulere pasaangeer van toepassing is in sy geval, of nie.

As hy siek bly ten spyte van optimale mediese behandeling, kan hartoorplanting natuurlik ook oorweeg word. Deesdae is dit 'n baie suksesvolle opsie.

Ek hoop dit gaan baie beter met jou pasient.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cardiologist | 2011/04/06

Groete Corneli. Die uitkoms van kardiomyopatie of miokarditis is moeilik om te voorspel, maar ek is jammer om te se dat verdere verbetering na drie jaar onwaarskynlik is. Bloedklonte binne in die hart is ongelukkig 'n welbekende komplikasie van swak ventrikulere funksie.

Die medikasie wat die pasient gebruik klink goed, behalwe dat hy ook op 'n sogenaamde ACE inhibitor behoort te wees as sy bloeddruk dit sal toelaat.

Nog 'n behandelings opsie wat dikwels baie doeltreffend is, is 'n sogenaamde biventrikulere pasaangeer, wat van toepassing is in pasiente met swak ventrikulere funksie en linker bondel tak blok (LBTB). Jou pasient se kardioloog kan vir hom se of 'n biventrikulere pasaangeer van toepassing is in sy geval, of nie.

As hy siek bly ten spyte van optimale mediese behandeling, kan hartoorplanting natuurlik ook oorweeg word. Deesdae is dit 'n baie suksesvolle opsie.

Ek hoop dit gaan baie beter met jou pasient.

Reply to Cardiologist

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.