advertisement
Question
Posted by: Nel | 2008/09/09

Cake week

Hi dokter,
Ek probeer hard om gewig te verloor, maar weke soos die by die werk wat almal omtrent verjaar en almal moet koek eet, voel ek sleg as ek nie saam eet vir die geselligheid daarvan nie. Is dit erg nadelig vir my dieet as ek elke dag vir die week koek eet? ek voel erg skuldig, wat en waar kan ek die res van die dag aanpas?
Nog n vraag - hoe voel dokter oor Annique shakes vir n een ete vervanger om gewig te verloor oor die kort duur?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Nel
As jy bv. een keer per week 'n stuk koek eet, gaan dit nie jou dieet dwarsboom nie, maar om elke dag vir 'n hele week koek te eet, gaan wel probleme skep. Ek dink jy moet iets vindingryks doen, soos vir almal sê jy gaan jou eie versnapering saam bring en dit saam met hulle nuttig. Of sê jou maag is omgekrap of dat jy 'n allergie vir koring ontwikkel het - maar moenie elke dag koek eet nie. Dis nie net die ekstra kJ wat jy gaan inneem nie, dis ook die feit dat dit jou totale dieet en wilskrag gaan ondermyn. As jy net een stuk koek in 'n week eet, dan hoef jy nie juis iets te doen aan jou dieet nie, miskien net vir 'n ekstra 30 min oefen. Die gebruik van dieetskommels kan suksesvol wees, mits een aangemaakte porsie nie meer as 2100 kJ bevat nie (m.a.w. die kJ-inhoud moet nie meer as 1/3 van jou daaglikse inname wees as jy verslank nie). Sommige van die skommels bevat meer kJ as dit, so kyk net op die etiket voordat jy een koop en begin gebruik.
Sterkte met die temptasies!
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anon | 2008/09/09

A diet means NO CAKE that is if you are serious about losing weight.

Reply to Anon

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement