advertisement
Question
Posted by: Gesiggie (Cornel) | 2011/01/10

Caileen se dood

Hi Doc,

Ek dink ons almal is baie geskok oor Caileen se skielike dood. Ek en haar man korrespondeer nog, maar ek voel nog te sleg om vir hom te vra wat die dokters gesê  het en wat haar dood veroorsaak het.

Ek persoonlik dink dat God haar gebed verhoor het en haar kom haal het voor sy te veel pyn en lyding gehad het. Sy was ''n ongelooflike model (ons het op ''n stadium foto''s uitgeruil en vriendinne begin raak) en haar grootste vrees was dat sy haar hare en menswaardigheid sou verloor.

Kan Doc dalk vir ons insig gee oor wat, medies gesproke, haar skielike dood kon veroorsaak het? Al inligting wat ek het is dat sy B Cell Leukemia gehad het in ''n gevorderde stadium, maar haar Onkoloog was nie haastig met chemo behandeling nie en sy sou 1 keer elke 3 maande vir sessies moes gaan.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Dis baie moeilik om te raai, maar met haar koors simptome het sy dalk 'n infeksie in haar bloed gehad (septisemie)wat orgaanversaking veroorsaak het???
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Madeleine | 2011/01/10

Ai, dit is baie hartseer. Sy was so lief vir haar man en kinders en Ma en Pa. Al was dit net ''n paar weke, voel dit of ek haar jare ken. Ons het tot 4 keer ''n dag oor en weer ge-mixt en e-mail en fotos uitgeruil. Sy was ''n busy body en sy het ''n wondelike sin vir humor gehad. Nou skielik is sy stil. Dit gaan ''n ruk neem om aan die stilte gewoond te raak.

Reply to Madeleine
Posted by: Celeste | 2011/01/10

Dit is baie tragies. Ek het ook baie lekker met haar gepraat en die mees amazing van alles was dat sy glad nie bang of bitter was nie. Sy was baie positief regdeur alles en ek is seker sy is nou in die hemel waar sy die engel is wat oor haar man en kinders waak.

Reply to Celeste
Posted by: Chantal | 2011/01/10

Jammer Dr Bets, ek vat heeltemal oor :-)


Cornel

Ek was tot en met vandag met verlof en het eers die email van haar man vanoggend gesien. Ek is verskriklik geskok oor Caileen se skielike heengaan, daar is net nie woorde nie. Soos jy, het ons lekker gesels en sy was so ''n positiewe mens - dis moeilik om te glo sy is nie meer daar om mee te gesels nie.

Groete
Chantal

Reply to Chantal
Posted by: Cyberdoc | 2011/01/10

Hallo Cornel
Dis baie moeilik om te raai, maar met haar koors simptome het sy dalk 'n infeksie in haar bloed gehad (septisemie)wat orgaanversaking veroorsaak het???
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement