advertisement
Question
Posted by: QED | 2009-01-06

Bysteek

Hi Dr,

Ek gister geskryf oor die hooikoors en die bysteke. Ek wil graag weet (net vir die interesantheid daarvan): ek gebruik ' n Garmin Edge 305 " hart rate montor"  terwyl ek oefen. Toe die bye my my nou so beetkry bo in die berg het ek geoefen tussen 60-80% van maks pols wat so tussen 111 en 148 slae per min is vir my. Na omtrent so +/-2 min het my pols sommer geval tot onder 111 slae per min en die Garmin se alarm het my die hele tyd gewaarsku teen my " te lae hart tempo"  (< 111). Dit het so gegaan tot ek klaar gery het wat seker toe nog so 45min na die bysteke was. Het bye gif die uitwerking op mens se liggaam?
Gister weer toe die dokter my bloedruk neem het sy gesê  dis bietjie hoog maar nog steeds OK?!

Ek het maar gegaan vir ' n kortisoon inspuiting want ek het gister nogal goor begin voel (lam en tam) en die bysteke het baie gejeuk en bietjie begin swel (veral die een wat my in die kuiltjie gekry het!)

Ek vra sommer net, want ek my oefen program is baie gebaseer om in sekere hartklop " zones"  te oefen en dit was maar net vir my baie interesant om op te merk...

Groete en lekker dag...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo QED
Bye gif het defnitief 'n uitwerking op mens se liggaam. Dit kan bloedverdunning, dilatasie van die bloedvate, onderdrukking van die senuwee stelsel en stimulasie van hart en byniere veroorsaak. As jy allergies daarvoor is kan dit jou bloeddruk erg laat val en jou bors laat toetrek en selfs skok en die dood veroorsaak.

Gewoonlik kry mense 'n laer bloeddruk en vinniger pols maar daar is al opgemerk dat by sommige mense dit die hartspoed kan verstadig

Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement