advertisement
Question
Posted by: Keen | 2008/06/25

Burning skin/neuropathy

Hallo dok

Net om jou te laat weet dat ek nog altyd brandende vel sensasies kry. Meer prominent in my hande en voete. Eers was dit gesê dat dit spanning is, maar nou lyk dit my my internis dink nie so nie. Hy is nie heeltemal seker wat dit veroorsaak nie. Hy het goed soos diabetes, skildklier, autoimuun, ens uitgeskakel. Ek ly wel aan ingekorte vastende glukose. Die internis het Trepeline 25mg en Rivotril 0.5mg in die aand voorgeskryf. Dit het soos 'n bom gewerk.

Ek sien ook my psigiater. Dierbare man, maar ek kan sien hy weet nie lekker hoe om hierdie storie te behandel nie. Ek ly aan depressie agv die pynlike sensasies en hy het toe besluit om my trepeline te vervang met Thaden 75mg noct en dan kan ek tot 1mg Rivotril gebruik indien nodig. Die branderigheid het verdwyn met die begin van die Thaden behandeling maar na so 2 weke is die sensasies weer terug. Die psigiater wil nou die dosis opskuif na 100mg. Ek is egter bekommerd dat die Thaden dalk die neuropatie kan verger. Ek het dit aan hom genoem, maar hy was nie bekommerd oor dit nie. Hy gaan my wel weer vir 'n vastende glukoste toets stuur om te sien of my suiker begin normaliseer het (ek neem glucophage 500mg in die oggend vir dit). My GP sê dat as hulle nie my simptome onder beheer gaan kan kry nie, hy my wil verwys na 'n pynspesialis in die Kaap en kyk of hy dalk iets kan optel.

So ja, dis my storie vir nou. My grootste bekommernis is dalk dat die dosis Thaden bietjie te sterk is en dit dalk die rede is dat die branderigheid erger geword het. Het jy enige idees?

O ja, ek neem ook nou 'n goeie vit B kompleks en b12 tablette. Dit voel nogals asof dit 'n verskil maak.

Baie groete en ek sal enige advies wardeer.
Eugene

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Keen
Trisikliese antidepressante soos Trepilene help vir een of ander rede baie goed vir chroniese pyn. Thaden is ook 'n trisikliese antidepressant, net 'n ander tipe. Thaden kan egter perifere neuropatie vererger - jy sal maar moet dophou en hom onmiddelik laat weet as jy dink dit vererger. Thaden kan ook jou bloedsuiker vlakke beinvloed - miskien moet jy maar versigtig en sensitief vir hom vra of jy nie kan teruggaan op die Trepeline nie - mens kan die dosis daar ook opstoot na baie hoër as 25 mg. Anders moet jy vra hoekom hy eerder Thaden wil gee?
Sterkte! Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anel | 2008/08/27

Hi
My man sukkel met dieselfde simptome net dat dit baie erg word in die aand, so dat hy glad nie die pyn kan hanteer nie. Dit word baie erger met die inname van die chlolesterol pil ezetrol wat hy in die aand neem, wat staan hom te doen, watter medikasie sal julle aanbeveel.
Dankie

Reply to Anel

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement