advertisement
Question
Posted by: JJH | 2008/06/02

Bulimia

My meisie het Bulimia... Ons almal was onder die indruk dat sy dit nie meer het nie! Alhoewel daar symptome was as ek nou daaraan dink. Ek ken haar nou 7 maande. Ek het gister uitgevind dat sy Bulimia het vanaf sy 15 jaar oud is.. Sy is nou 19. Dokter ek wil haar graag help. Wat is die nagevolge tov Bulimia? Wat kan met haar gebeur as sy nie ophou nie! Sy is nog so jonk! Ek is 23 jaar oud. Hoe kan sy genees word daarvan? Ek moet op 'n manier voorle aan haar dat sy die erns kan verstaan! Enige raad sal waardeur word! Dankie dokter!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste JJH
Ek kan verstaan dat jy baie bekommer is noudat jy uitgevind het dat jou meisie al vir 4 jaar aan bulimie lei. Bulimie is 'n eetversteuring wat professionele ingrepe van 'n span deskundiges nodig het: 'n kliniese sielkundige of psigiater en 'n kliniese dieetkundige. Jou meisie se huisarts kan julle verwys na die sielkundige/psigiater en jy kan die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za besoek en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in julle gebied te vind. Daar is ook in sekere dele van ons land klinieke wat persone met eetversteurings help, bv. in Gauteng kan julle die Tara Hospitaal kontak omdat hulle 'n Eetversteuringskliniek het (skakel (011) 783-2010. In Kaapstad kan julle die Kenilworth Kliniek kontak by (021) 797-1400 en in KwaZulu Natal is daar Riverview Manor (033) 701-1911, of kontak hulle by: www.riverviewmanor.co.za
Die nagevolge van bulimie kan ernstig wees en sluit in voedingsgebreke, beskadiging van die tandemalje a.g.v. gedurige blootstelling aan maagsuur tydens braking, ontwrigting van die normale metabolisme en die funksies van die dermkanaal as die persoon sterk purgasiemiddels gebruik. Jy sal moet probeer om jou meisie te oorreed dat sy hulp nodig het om uit hierdie bose kringloop te ontsnap en dat sy haar jong lewe kan geniet sonder om elke dag te braak en purgasiemiddels te gebruik.
Sterkte - ek hou styf duim vas dat sy inwillig om hulp te kry.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement