advertisement
Question
Posted by: Kerneels | 2010/03/22

Buikpyn na gedeeltelike kolektomie

Ongeveer 50% van my vrou se kolon is 2 maande gelede verwyder weens divertikulose. Daarna het sy buikpyn gehad wat beter geword het, maar nou word dit weer erger. Sjirurg het nou hardlywigheid behandel, maar dit los nie die pyn op nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Kerneels

Ek stel voor dat jou vrou die chirurg vir 'n voorskrif vir 'n baie sterk pyn pil, soos Temgesic, konsulteer. Ongelukkig kan hierdie medikasie veroorsaak dat sy weer hardlywig raak, maar dit is baie belangrik om haar pyn te kontrolleer. Daar is geen oor die toonbank medikasie beskikbaar wat haar pyn sal verlig nie.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Liza Muller | 2010/03/23

Jammer ignoreer bostaande, ek het verkeerde webbladsy gebruik.

Dankie

Reply to Liza Muller
Posted by: Liza Muller | 2010/03/23

Ek het die ongelooflikste pyn oor my hele buik. Spastiese derm mediskasie soos Bevispas verlig geensins my simptome nie. Ek het ook lae rugpyn. Ek is nie hardlywig nie en het geen probleem in daardie departement nie. Ek het ook aan die linkerkant net onder my ribbebeen ''n konstante pyn. Dit voel of my hele derm kanaal uitmekaar getrek word saam met hierdie pyn onder my ribbebeen. Is dit prikkelbare derm sindroom. Somtyds in die oggende as ek wakker word is ek bewus van die pyn, maar dit is nie so intens nie. So teen vroegmiddag begin die pyn en teen die tyd dat ek gaan slaap in die aand krul ek van die pyn. Kan u my asb raad gee.

Baie dankie
Liza Muller

Reply to Liza Muller

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement