advertisement
Question
Posted by: Liza Muller | 2010/03/23

Buikpyn

Ek het die ongelooflikste pyn oor my hele buik. Spastiese derm mediskasie soos Bevispas verlig geensins my simptome nie. Ek het ook lae rugpyn. Ek is nie hardlywig nie en het geen probleem in daardie departement nie. Ek het ook aan die linkerkant net onder my ribbebeen ''''n konstante pyn. Dit voel of my hele derm kanaal uitmekaar getrek word saam met hierdie pyn onder my ribbebeen. Is dit prikkelbare derm sindroom. Somtyds in die oggende as ek wakker word is ek bewus van die pyn, maar dit is nie so intens nie. So teen vroegmiddag begin die pyn en teen die tyd dat ek gaan slaap in die aand krul ek van die pyn. Kan u my asb raad gee.

Baie dankie
Liza Muller

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Liza

Prikkelbare derm sindroom is 'n diagnose wat gemaak word wanneer ander patologiese oorsake uitgeskakel word. Kontak jou dokter vir 'n volledige ondersoek, asook spesiale ondersoeke, om sodoende vas te stel wat die oorsaak is. Moontlike oorsake kan wees dat daar abnormaliteite van die gastro-intestinale sisteem, die urologiese sisteem, ginekologiese sisteem is, asook sekere dermatologiese toestande. Dit is daarom baie belangrik om jou dokter te konsulteer.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/03/02

Wat veroorsaak buikpyne want ek kon nie sit le of staan nie so erg was die pyn

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2015/04/09

My vrou kla oor lae buikpyn aan die linkerkant. Het al by apteek goed gekry vir spastiese derms an vir blaas en niere maar niks help nie Het dringend raad nodig ons het nie medies nie

Reply to Anonymous
Posted by: cindy | 2015/01/26

I have pain in my lower abdomunal its going on for months and sometimes there blood in my stool what can that be

Reply to cindy
Posted by: alida cruywagen | 2013/04/12

Ek het die afgelope week 'n knaende lae rug- en lae buikpyn. Nie ernstig nie, maar lastig, voel dit meer oor my blaasgedeelte en rug wanneer ek gaan sit of buk! Wat kan dit moontlik wees??

Reply to alida cruywagen
Posted by: Marecia | 2010/05/09

Hi my naam is marecia! Ek kry so derm pyn dat ek nie kan reg opstaan nie. Wat se medikasie kan ek gebruik om dit te kan beheer?

Reply to Marecia
Posted by: Marecia | 2010/05/09

Reply to Marecia
Posted by: Justme | 2010/03/25

Ek voel ook soos Liza maar was hardlywig, en voel soms opgeblaas,winderig, soms het ek nie eetlus soos vandag.Ek het laast week gastro-intestinale besoek en kan geen fout vind nie. Ek het reuteri... tablette ontvang en dit help ''n bietjie. Volgende maand is my afspraak vir ginekologie. Ek was 8jaar gelede vir ''n ondersoek. Geen papsmear was gedoen nie omdat ek nie sekueel aktief is nie. Ek het " gespott"  die maand en laas maand minder gevloei so ek weet nie of dit Nordette kan wees nie maar is op behandeling vir 11maande.Wat voorheen gehelp het vir die abdomal pyn is cataflam.

Reply to Justme

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement