advertisement
Question
Posted by: Annetjie | 2012/02/10

Buik/bors pyn

Ek het so 6 jaar gelede ‘ n Nissan valve Repair gehad via my rug, ek het sederdien altyd ‘ n ligte pyn sensasie onder die linker ribbes, Dit het die afgelope 5 maande oor gegaan na ‘ n byna ondraaglike pyn lings onder dieribbes wat ook voel of dit aan die rugkant seer is dit skyf ook op in die linkerbors en ook in die linker skouer, my eetlus is ook baie sleg en ek maak myself eet, as ek geeet het is ek klokslag naar, ek sukel ook met die dikderm die eendag loop my maag soos water net om die volgende drie tot vier dae glad nie te gaan nie, ek het ook al die tyd ‘ n baie snaakse smaak in my keel. Ek het geen krag nie en sien nie eers meer kans om goed te doen wat ek altyd lief voor was nie, is dit net my dikderm wat my so laat voel of kan dit dalk iets anders wees.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Annetjie

Dit is baie moontlik dat jou dikderm die oorsaak is van jou simptome. Soms kan irritasie van die diafragma pyn in die skouer veroorsaak. Ek stel voor dat jy 'n gastroenteroloog vir 'n ondersoek, gastroskopie en kolonoskopie konsulteer. Indien daar 'n risiko vir hart probleme is, soos diabetes, hoe bloeddruk, hoe cholesterol, familie geskiedenis en rook geskiedenis, moet jy dringend jou dokter vir bloedtoetse en 'n EKG konsulteer.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Hettie Ptinsloo | 2012/02/15

Ek kry erg borspyn en agter my blad..dan ook baie erg pyn in my buik..Ek voel baie moeg en kan nie my daaglikse take doen nie..Die pyn in my bors is die ergste as ek gaan le en ek raak benoud,asgevolg van die pyn kan ek nie slaap nie..Ek probeer op verskillende manie le maar dit help nie,moet kort kort opstaan vir verligting.Ek het ook die afgelope maand en n half probleme dat my maag baie swak gaan

Reply to Hettie Ptinsloo

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement