advertisement
Question
Posted by: sally | 2012-10-16

bruin rys en lensie dieet

ek het gewig opgetel. en op die web site gelees van nataniel se lensie en bruinrys dieet. ek is bietjie skepties oor die rys. sal dit my laat gewig verloor. ek baie desperaat. ek het dit vir ''n week gedoen maar niks verloor nie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Sally
Enige "fad diet" wat deur persone ontwerp word wat nie in voeding opgelei is nie, kan moontlik vir jou laat gewig verloor indien dit jou energie-inname verlaag. As jou gebruik van die 'Lensie en bruinrys dieet' nie gehelp het nie, dan is dit moontlik dat jy steeds meer energie ingeneem het, as wat jy in 'n dag opgebruik. Die basiese beginsels van gewigsverlies is: Minder kJ eet en meer kJ brand. Probeer 'n gebalanseerde lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') om die kJ te verminder en sorg dat jy elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening doen om meer kJ te verbrand.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2014-09-05

Nataniel se dieet Die basis ?1 ½ koppie bruinrys ?¾ koppie bruin lensies ?2 eetlepels sojasous ?1 teelepel kerriepoeier ?2 eetlepels olyfolie ?1 eetlepel bruinsuiker ?seesout en varsgemaalde swartpeper ?2 tamaties, gekap ?1 ui, gekap Spoel rys en lensies af en gooi saam met 1 eetlepel sojasous en kerrie in kastrol. Geur liggies met seesout. Bedek met water en kook tot gaar. (Gooi bietjies water by soos nodig, sodat jy nie die gaar rys hoef te dreineer nie.En moenie die goed pap kook nie, kou is al oefening wat ons nog kry.) Roer res van sojasous, suiker, olie, tamatie en ui by warm rys en geur met peper. Vars kruie soos pietersielie, koljander, grasuie of basiliekruid kan ook bygevoeg word. Soveel soos jy wil. Roer elke dag iets anders by Dag 1: 1 groen of rooi soetrissie, gekap (kan gerooster wees) Dag 2: 2 koppies gaar aspersies of sampioene (nie gebliktes nie!) Dag 3: 1 blikkie fyn tuna, gedreineer Dag 4: vars pynappel, in blokkies gekap Dag 5: 1 koppie geelwortels, in blokkies gekap en gestoom tot net gaar. As jy van ‘n byt hou, kan jy ‘n klein, ontpitte brandrissie fynkap en byroer. Dag 6: groen groente soos spinasie, brokkoli, kool of preie, gekook of gestoom tot net gaar, maar ferm Dag 7: 2 koppies fyn gaar hoender (want dis Sondag) Eet dit warm of koud, net wanneer jy wil, soveel jy wil. Maar leer om na jou lyf te luister, mens eet net wanneer jy honger is. As jy dors is, drink water of swart tee. Moenie langer as 2 weke só eet nie.

Reply to Anonymous
Posted by: DietDoc | 2012-10-17

Beste Sally
Enige "fad diet" wat deur persone ontwerp word wat nie in voeding opgelei is nie, kan moontlik vir jou laat gewig verloor indien dit jou energie-inname verlaag. As jou gebruik van die 'Lensie en bruinrys dieet' nie gehelp het nie, dan is dit moontlik dat jy steeds meer energie ingeneem het, as wat jy in 'n dag opgebruik. Die basiese beginsels van gewigsverlies is: Minder kJ eet en meer kJ brand. Probeer 'n gebalanseerde lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') om die kJ te verminder en sorg dat jy elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening doen om meer kJ te verbrand.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement