advertisement
Question
Posted by: Brood Verslaafde | 2011/09/28

Brood Porsie

Hi Doc, Baie dankie vir die wonderlike rubriek. Dit is so lekker om die mense se vrae te lees en doc se antwoorde daarop en ook meer daaruit te leer. Ek het nou ''n baie dom vraag om te vra. Brood porsie moet tussen 25 - 30g wees. Ek hou van die GI saadbrood en die snye weeg nogals baie, amper 60g. Ek rooster graag my brood, so watter gewig moet ek gebruik voor of na die brood gerooster is?? Baie dankie vir u tyd. Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Brood Verslaafde
Baie dankie vir jou mooi woorde - dit laat my sommer weer lus vir my werk voel! Jou vraag is glad nie dom nie. Jy is reg dat mens gewoonlik 'n porsie brood in terme van 25-30 g per sny meet. Dit is ook waar dat die lae-GI saadbrood baie meer per sny weeg, a.g.v. al die sade en die hoër voedingstofinhoud, asook 'n laer waterinhoud. Wanneer 'n mens enige brood rooster dan word slegs van die vog of water deur die roosterproses uitgedryf. Die energie- en voedingstofwaardes verander nie juis nie. Gebruik dus die gewig van die brood voordat jy dit rooster. Indien een sny van die saadbrood wat jy gebruik ongeveer 60 g weeg, dan sal dit ekwivalent wees aan 2 snye standaard bruin- of witbrood.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/09/28

Beste Brood Verslaafde
Baie dankie vir jou mooi woorde - dit laat my sommer weer lus vir my werk voel! Jou vraag is glad nie dom nie. Jy is reg dat mens gewoonlik 'n porsie brood in terme van 25-30 g per sny meet. Dit is ook waar dat die lae-GI saadbrood baie meer per sny weeg, a.g.v. al die sade en die hoër voedingstofinhoud, asook 'n laer waterinhoud. Wanneer 'n mens enige brood rooster dan word slegs van die vog of water deur die roosterproses uitgedryf. Die energie- en voedingstofwaardes verander nie juis nie. Gebruik dus die gewig van die brood voordat jy dit rooster. Indien een sny van die saadbrood wat jy gebruik ongeveer 60 g weeg, dan sal dit ekwivalent wees aan 2 snye standaard bruin- of witbrood.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement