advertisement
Question
Posted by: Jaco | 2011/05/08

Brood, melk &  cholesterol

Aangesien ek aan hoë  cholesterol en onderaktiewe skildklier ly, het my GP my verbied om enige vorm van brood te eet. Ek is bly daaroor, want ek het baie gewig verloor. Ek het 2 vrae:
1. Sal die uitsny van brood enigsins help vir cholesterol?
2. As ek altesaam ongeveer 6 teelepels Cremora Light (17% vet) per dag in my tee of koffie drink, sal dit ''n invloed hê  op die cholesterol? Dit is duur om elke 3 of 4 dae laevet melk te koop.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Jaco
Ek is bly om te verneem dat jy so baie gewig verloor het. Ek is seker dat die feit dat jy ook enige byvoegsels tot brood soos botter of margarien en konfyt, ens, uitgesny het, bygedra het tot jou gewigsverlies. Volgens die SA Voedseltabelle bevat 1 x 30 g sny volgraanbrood, slegs 279 kJ, terwyl 2 teelepels of 10 g margarien tot 300 kJ bevat. Die uitsny van brood self sal nie juis jou cholesterolinname verlaag nie, aangesien volgraanbrood slegs 2 mg cholesterol per 30g sny bevat. Al bevat dit geen cholesterol nie, bevat koffieverromers soos Cremora (selfs die Cremora Light) te veel versadigde vet om in lae-cholesterol diëte ingesluit te word (gemiddeld 92% van die vet in sulke produkte is versadigde vet, dus 15.6 g per 100g). Dit is beter om 'Long Life' lae-vet melk te koop wat slegs 2 g vet en 1.3 g versadigde vet per 100 ml bevat en vir 'n hele aantal dae gehou kan word, veral as jy dit in ’n yskas kan bêre.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/05/08

Beste Jaco
Ek is bly om te verneem dat jy so baie gewig verloor het. Ek is seker dat die feit dat jy ook enige byvoegsels tot brood soos botter of margarien en konfyt, ens, uitgesny het, bygedra het tot jou gewigsverlies. Volgens die SA Voedseltabelle bevat 1 x 30 g sny volgraanbrood, slegs 279 kJ, terwyl 2 teelepels of 10 g margarien tot 300 kJ bevat. Die uitsny van brood self sal nie juis jou cholesterolinname verlaag nie, aangesien volgraanbrood slegs 2 mg cholesterol per 30g sny bevat. Al bevat dit geen cholesterol nie, bevat koffieverromers soos Cremora (selfs die Cremora Light) te veel versadigde vet om in lae-cholesterol diëte ingesluit te word (gemiddeld 92% van die vet in sulke produkte is versadigde vet, dus 15.6 g per 100g). Dit is beter om 'Long Life' lae-vet melk te koop wat slegs 2 g vet en 1.3 g versadigde vet per 100 ml bevat en vir 'n hele aantal dae gehou kan word, veral as jy dit in ’n yskas kan bêre.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.