advertisement
Question
Posted by: Nadia | 2012/06/28

Brongitus

Hallo Dok

Ek het 22/06 my seuntjie (2 jaar en 5 maande) dokter toe gevat. Hy het vreeslik sleg gehoes en baie opgegooi. Sy het hom ondersoek en gese hy het boonste lugweginfeksie en het vir hom Cepodem voorgeskryf. Ek het hom gister terug gevat na dieselfde dokter omdat hy nie vir my beter geraak het nie en toe se sy (die dokter) hy het brongitus en vroee tekens van longontsteking. Ek wil net graag weet of sy (die dokter) hom dalk Vrydag verkeerd gediagnoseer het en dat hy reeds Vrydag (22/06) brongitus kon gehad het. Ek kan ook nie verstaan hoe hy so siek kon raak met die antibiotika (8ml / 2 x per dag vir 5 dae) nie. Ek wil net graag ''n tweede opinie he.

Vriendelike groete
Nadia

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Nadia

Ek dink nie die dokter het hom verkeerd gediagnoseer nie. 'n Virale ontsteking kan baie maklik na die longe versprei en sodoende 'n longontsteking veroorsaak as deel van die boonste lugweginfeksie. Hou 'n goeie oog oor jou kind se vordering en monitor sy koors. Indien sy koors stabiliseer, is hy besig om te genees. Indien sy koors konstant bo 38.5 grade selsius is, sal jy weer die dokter moet konsulteer. Hou hom warm en gee genoeg helder vloeistof om dehidrasie te voorkom.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement