advertisement
Question
Posted by: Lorene | 2011/07/18

Bronchitis en swamme - te veel antibiotika

Dr Anrich
Ek is al sedert 11 Junie siek met bronchitis. Die dokter het voortdurend vir my sterk antibiotikas voorgeskryf, maar ek is nou nog heeltemal gesond nie.
Ek het Ketek, Avalon en Klacid gekry. Ek was vir 2 weke op Ketek en Avalon. Ek het sedert einde Junie die neubiliser gebruik met Pulmicort en Duolin.
Uiteindelik het ek in die hospitaal beland. In die hospitaal het die internis my weer op Ketek gesit en na 2 dae ontslaan omdat my bors oop klink.
Na ''n week is ek weer in die hospitaal opgeneem omdat ek heeltyd bewerig voel en wou omkap met duiseligheid en kortasemheid. Toe het ''n ander internis uiteindelik uitgevind dat ek swamme ontwikkel het van al die antibiotika.
In die hospitaal het die internis vir my binne-aarse antibiotika gegee (dink Invanz) en iets vir my maag (Nevcam?) aangesien die ook ontsteek was van al die antib. Ek het ook 200mg Fluxol elke dag gekry vir die swamme. Ek was ''n week in die hospitaal, maar voel nog nie 100% nie.
Ek het probeer om die Pulmicort te stop, maar dan trek my bors toe - (ek kry so ''n swaar gevoel wat druk op my bors). Ek was nog nooit ''n asmalyer nie. Ek kan nie verstaan dat dit so lank vat vir my om oor hierdie bronchitis te kom nie - lyk my my immuunstelsel is ten gronde.
Ek wil ook weet wat ek nou nog verder moet doen om gesond te word.????
Ek gebruik nog steeds die neubiliseerder en Foxair. Sal al hierdie medikasie nie die swamme nog verder stimuleer nie? Ek het my huisdokter gevra om net nog ''n week se Sporandex voor te skryf want ek''s bang die swamme keer terug. Hy het ook Laceteol en Omeprazol vir my maag voorgeskryf want ek het oor die naweek diaree ontwikkel en die internis het vir my niks voorgeskryf behalwe Aterex omdat ek begin stres oor my siekte.

Vir hoe lank kan mens Pulmicort en Duolin gebruik? Want ek gebruik dit nou al vir 4 weke - die Pulmicort aan en af. Volgens apteker kan mens dit ook nie sommer net los nie en stelselmatig afgaan. Ek is regtig moedeloos.

Moet ek maar net geduldig nog verder wees of wat stel u voor - moet ek probeer afgaan van Pulmicort en net die Duolin gebruik?

Ek hoop u kan u opinie gee rakende my toestand - dis die eerste keer in my lewe dat ek regtig so siek geword het en dit stres my nogal redelik op en ek moet begin werk en is nog net vir hierdie week afgeboek.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Lorene

Moenie alleen voel nie, want dit is nie die enigste vraag wat ek gekry het van iemand wat so lank neem om te herstel van griep nie. Na die bronchitis, is die lugwee baie sensitief en kan dit vinnig die simptome van asma naboots. Ek stel voor dat jy die Pulmicort, twee keer per dag gebruik vir ten minste twee maande om te voorkom dat jou bors toe trek. Gebruik die Duolin en nebuliseerder net wanneer jou bors toe trek en jy sukkel om asem te kry.

Pulmicort is 'n veilige produk en kan lang termyn gebruik word. Ek stel voor dat jy geduldig is en ek is seker dat jou simptome met tyd sal verbeter.

Vul jou dieet met die volgende vitamiene aan: Selenium, sink en Berocca Cal Mag bruistablette.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement